Seun verskeur wat glo lemoene wou steel

Argieffoto (Pixabay)

Argieffoto (Pixabay)

Die polisie in Botswana stel ondersoek in nadat ʼn 10-jarige seun deur honde verskeur is, het die Global Post Woensdag berig.

“Die polisie het Vrydagoggend ʼn anonieme oproep ontvang dat ʼn 10-jarige seun se liggaam gevind is,” het Patrick Mbikiwa, stasiebevelvoerder in Serowe in sentraal Botswana, aan die koerant gesê. “Hy het bytmerke oraloor sy lyf gehad.”

Mbikiwa het gesê die kind is Donderdagmiddag al aangeval, maar die voorval is eers Vrydagoggend aangemeld.

Die polisie vermoed die kind het glo die erf onwettig betree om lemoene te steel toe die honde hom aangeval het. Die huiseienaars was nie ten tyde van die voorval by die huis nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ronel ·

Meer sulke honde nodig dan sal daar minder skelms wees..Ook maar kind R.i.p

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.