Talle Russiese soldate het glo in Oekraïne gesterf

Yelena Tumanova besoek die graf van haar 20-jarige seun, Anton, wat teen sy sin na Oekraïne gestuur is, en in ‘n mortieraanval omgekom het. Foto:  Tom Parfitt, The Telegraph

Yelena Tumanova besoek die graf van haar 20-jarige seun, Anton, wat teen sy sin na Oekraïne gestuur is, en in ‘n mortieraanval omgekom het. Foto: Tom Parfitt, The Telegraph

Minstens 40, maar dalk “honderde” Russiese soldate het in Oekraïne gesterf, aldus menseregtegroepe in Rusland. Dit, terwyl die Russiese regering steeds volhou dat slegs vrywilligers aan die kant van die rebelle in Oekraïne gaan veg het.

In ʼn omvattende artikel berig The Telegraph oor die onsekerheid van naasbestaandes wat grootliks deur die Russiese owerhede in die duister gehou word oor hoe hul geliefdes gesterf het, en presies waar die soldate omgekom het.

Dit blyk dat soldate wat selfs baie ver van Oekraïne gestasioneer is, na Oekraïne gestuur is toe die rebelle onder ’n groot offensief van die Oekraïense weermag aan die swig was. Onder hierdie soldate tel ook troepe wat voorheen geweier het om as “vrywilligers” na Oekraïne te gaan.

Voor hul ontplooiing in Oekraïne is hulle Russiese uniforms vir kamoefleeruniforms omgeruil, en hul selfone en identiteitsdokumente ingeneem.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.