‘Teddiebeer’ nie meer bedreig

Foto: beartrust.org

Foto: beartrust.org

Die “teddiebeer” wat gevaar geloop het om uit te sterf, se getalle het die afgelope jare so toeneem dat dié beersoort van die lys van bedreigde spesies verwyder kan word.

Die “teddiebeer” is een van 16 subspesies van die Amerikaanse swartbeer, en staan as die Louisiana-swartbeer bekend. Die Ursus americanus luteolus het die naam “teddiebeer” gekry toe ’n voormalige Amerikaanse president, Teddy Roosevelt, dit nie oor sy hart kon kry om een te skiet nie.

Spotprentkunstenaars het momentum gegee aan die gebruik van die troetelnaam en vroeg in die twintigste eeu het die Amerikaner Morris Michtom en die Duitser Richard Steiff in hul onderskeie lande die speelgoed-teddiebere begin vervaardig.

Trouens, die “teddiebere” het nou so toegeneem dat verskeie reeds uit bome in woonerwe verjaag moes word. Hoewel die “teddiebeer” volgens beskikbare inligting effens kleiner as die gewone swartbeer word, is hul tande disproporsioneel lank. ’n “Teddiebeer” kan tot meer as twee meter lank word en die mannetjies kan tot byna 200 kilogram weeg.

Hoofbron: Christian Science Monitor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

Ek het eers gaan kyk op Youtube na Elvis Presley se “Teddy Bear”.
Dis dan ook my kommentaar . . .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.