Volgens Human Rights Watch word vlugtelinge wat weier om om te draai glo geslaan en mishandel. Volgens dié internasionale menseregte-organisasie kan vlugtelinge nog net met die hulp van smokkelaars oor die grens kom.
Teen middel-November het Turkye verklaar dat 2,2 miljoen Siriërs in Turkye as vlugtelinge geregistreer is. Meer as 250 000 is in vlugtelingskampe. Uit onderhoude wat Human Rights Watch met van die vlugtelinge gevoer het, blyk dit die onlangse Russies-Siriese lugaanvalle in Aleppo en Idlib het hulle genoop om Sirië te verlaat. Hulle het ook verwys na opperste armoede, gebrek aan elektrisiteit en skoon water asook gebrekkige mediese sorg.
Daar is blykbaar nog net een plek, suidoos van Antakya, waar Siriërs snags met hulp van smokkelbendes oor die grens kan kom. Die gebied is bergagtig wat dit vir Turkse grenspersoneel moeilik maak om vlugtelinge te onderskep.
Baie van die vlugtelinge wat wel in Turkye aankom probeer om so gou moontlik hul vlug voort te sit via Griekeland na Europa.
Dis APARTHEID!!! APARTHEID!!! APARTHEID!! Waar is Tutu? Waar is Boesak? Waar is die ANC? Dit kan mos nie toegelaat word nie? Turkeye moet hulle grense oopgooi……..net soos die land maak met die mees gevorderde konstitusie in die wêreld!!! Hoekom gaan sien Zuma hulle nie en beveel aan dat hulle ons voorbeeld volg? Komaan, Wêreld, wees konsekwent!!!
Ek weet nie dit klink of hulle eerder oor Suid Afrika praat oor alles wat hulle nie meer het nie. Eish sien een van die dae moet ons ook vlug maar waar heen.
Zuma het nie die”guts” om daar sy bek daar te gaan rek nie. Hy word dalk as ‘n vlugteling aan gesien.