KPTV berig dat Jesse-Cole Shaver saam met ‘n groep vriende by ‘n spruitjie agter ‘n woonstelkompleks gespeel het toe een van die kinders op ‘n verrotte boomstomp getrap het. ‘n Swerm bye het hierna op die kinders toegesak.
Volgens die berig kon Shaver nie daarin slaag om ‘n steil grondwal na veiligheid uit te klim nie. “Hades [die veghond] het my gesien en my tot bo gesleep waarna ek op haar rug geklim het en sy my tot by my ma gevat het,” het Shaver aan Fox 12 gesê.
Shaver het meer as 24 bysteke opgedoen. Sy sussie, Jasmine Jones (14), is ook verskeie kere gesteek en is allergies vir bysteke. Shaver en sy sussie is na ‘n hospitaal gehaas vir behandeling en is ‘n paar uur later ontslaan.
“Ek is so bly ons het haar aangeneem,” het die kinders se ma oor Hades se heldhaftige daad gesê.
Lees meer hier.
As hierdie storie waar is, eet ek aldrie my hoede op.
Sien. veghonde het nie net kwaad in hulle nie. Daai hond moet ‘n medalje kry.
En toe kom land drie pienk varkies met goue vlerkies…
Ek het ‘n reun en verruil hom vir NIKS! Die gevaarlikste aan hom is sy stert wat gedurig swaai. Dalk ook sy tong, aangesien hy mens probeer doodlek. Hulle is UITSTEKEND met kinders, ten spyte van wat meeste mense dink. Hulle is nie verniet ‘nanny dogs’ genoem nie.
Ja Nina, ons het ‘n teef, en sy is net so wonderlik. Liefdevolste hond wat ek ooit gekry het.
Beautiful tempramente, ons het 3. 2 tewe, en een reun. Hulle is ons babies!