Video: 50 000 bye in vrou se huis

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Vrou van New York in Amerika het 50 000 bye in haar huis se dak ontdek.

Byeboere moes die swerm uit Frieda Turkmenilli se dak kom verwyder nadat die bure die geboubestuurder in kennis gestel het, berig WABC-TV.

Turkmenilli sê sy het aanvanklik net ʼn paar bye die afgelope paar weke sien rondvlieg en het nooit besef hoeveel by haar ingetrek het nie.

Die byeboere het die bye en 17 heuningkoeke veilig na ʼn plaas geneem.

Turkmenilli het geskerts sy wens hulle het bietjie heuning vir haar gelos.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Adele ·

Sjoe! Ek is beslis daarop aangedring het dat hulle van die heuning vir my moet gee! Wie se dak is dit? Of hoe se ek dan!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.