Video: Motorfietsryer beland bo-op motor

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

‘n Video wat wys hoe ‘n motorfietsryer agter in ‘n motor vasry en dan hurkend bo-op die motor se dak beland, versprei soos ‘n veldbrand op sosiale media.

Volgens Fox News is die video in Koroleva, Rusland geneem deur ‘n kamera wat op die motor se paneelbord vasgesit is. Dié tipe kameras is baie gewild in Rusland.

Die video wys hoe ‘n motorfietsryer agter in die motor vasry, ‘n agteroor-bollemakiesie maak en dan hurkend bo-op die motor se dak beland.

Fox News meen indien die video vals is, dit steeds redelik verstommend is.

Die video is deur die gebruiker AutoGrodno.By op YouTube gelaai.

http://youtu.be/krGHxvuOyTs

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johann Roux ·

Dit is seker wat bedoel word met die beskermengele was met hom. Dit was nie sy tyd nie.

Ons Vader het Sy tyd vir elkeen van ons. Ons moet gereed wees wanneer ons dié dag voor Hom gaan staan. Ons, Sy kinders hoef nie vir daardie dag bang te wees nie want Jesus is daar vir ons.

Amen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.