Video: Skoolmeisie geskors oor “bless you” ná nies

Kendra Turner (Skermskoot uit die video)

Kendra Turner (Skermskoot uit die video)

Kendra Turner, ‘n leerling aan Hoërskool Dyer County in Tennessee in Amerika, is vir ‘n ruk lank uit die skool geskors nadat sy vir ‘n medeleerling wat genies het, “bless you” toegewens het, berig MyFoxMemphis.

Die onderwyseres het glo die term verbied omdat dit “net in die kerk” gebruik mag word. Sy het na bewering ook verskeie ander uitdrukkings, soos “hang out” verbied omdat dit die klas sou ontwrig.

Kendra het op haar Facebook-blad te kenne gegee dat sy geskors is omdat sy vir haar godsdiens ingetree het. Sy meen die grondwet bied aan haar godsdiens- en uitdrukkingsvryheid.

Die skool wou nie op die voorval reageer nie, maar het aangedui dat daar in alle dissiplinêre gevalle twee kante aan ‘n saak is. Volgens die skool is sy gedissiplineer het omdat sy gepraat het nadat die onderwyseres stilte versoek het.

FOX13 News, WHBQ FOX 13

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Chris van Heerden ·

Wys jou maar net sommige onderwysers kan ook maar kinderagtig wees.

Elfie ·

Only in America! Simpel verby! En die skool se verduideliking dat sy dissipline moes kry omdat sy gepraat het na die onnies gevra het vir stilte is net so belaglik – mens skors mos nie ‘n kind vir so iets kleins nie?? Ai tog die yanks….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.