Video: Wolkekrabber binne 19 dae opgerig

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Chinese konstruksiemaatskappy voer aan hy is die wêreld se vinnigste bouer nadat ʼn 57 verdieping hoë gebou binne 19 werksdae in sentraal China opgerig is.

“Die Broad Sustainable Building Co. het die reghoekige, glas- en staalgebou, Mini Sky City, in Hunan, Changsha opgerig deur gebruik te maak van ʼn modulêre metode,” het Xiao Changgeng, adjunkpresident van die maatskappy, gesê. “Drie verdiepings is daagliks opgerig.”

Die maatskappy beplan om die wêreld se hoogste wolkekrabber, ʼn gebou met 220 verdiepings, binne drie maande af te handel. Die maatskappy wag nog vir goedkeuring om Sky City in Changsha op te rig.

ʼn Tydsverloopvideo van die oprigting van Mini Sky City word wyd op sosialemedia-kanale versprei.

“Met die tradisionele metode bou hulle baksteen vir baksteen, maar met ons metode stapel ons slegs die blokke op mekaar,” het Chen Xiangqian, ingenieur van die maatskappy, gesê.

Soortgelyke modulêre boumetodes is ook al in Engeland en Amerika gebruik. Kritici meen egter dat die metode daartoe sal lei dat stede ʼn eenvormige argitektuur sal aanneem.

Mini Sky City met sy 19 atriums, 800 woonstelle en kantoorspasie vir 4 000 mense is in Mei beskikbaar. “Die struktuur is veilig en kan aardbewings weerstaan,” het Xiao gesê.

Die maatskappy het vier en ʼn half maande spandeer om die 2 736 blokke te bou voordat konstruksie begin het. Die eerste 20 verdiepings is verlede jaar afgehandel, en die oorblywende 37 verdiepings is tussen 31 Januarie en 17 Februarie gebou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

natasha ·

Laat hulle maar glo dis aardbewing en wat ook al bestand. Ek vertrou nie so ‘n vinnige gebou opslanery nie, net om binnekort te hoor die gebou het in duie gestort.

CHRISTA ·

Dis dalk waar ons mense se xenofobie vandaan kom. In meer as 20 jaar kon ons regering nie voldoende behuising aan hulle volgelinge voorsien nie. Hoe lank sal dit hierdie Chinese maatskappy neem om dit te doen? O, ekskuus, maar dan gaan hulle weer ons landgenote se ‘werk steel’!!!

lynette ·

Impressive! Geen konkrete maklik, met konkrete ontmoontlik

SNEL ·

Ek trust dit niks, sement en goed het tyd nodig om droog te word en sekere goed kan net nie gejaag word nie. Miskien werk dit….of lees ons later oor die ineenstoeting van die gebou, maar ek sal beslis nie veilig voel in daai gebou nie.

Boesman ·

Dalk het ons die Chinese nodig by Medupi en Kusile. Sou LANKAL klaar gewees het met altwee kragstasies, en sommer die ander proposed een by Steenbokpan ook.

Ek het myself al gestaan en kyk hoe die Chinese staal plate (sheets) oprig. Hulle hang soos ‘n klomp vinke onderstebo en is tjoef tjaf klaar met wat hulle moet doen. Ons blue collars aan die ander kant sou WEKE of MAANDE vat vir dieselfde taak agv strikes, tea breaks, BEE, lunch breaks, HSE, slegtigheid, you name it.

ig ·

Snel,lees mooi die berig.Hulle gebruik net staal en glas met modulere metode,maw soos lego.Hulle het 4 en n half maande voorberei.Op een van my besoeke daar het n waterpypleiding in n interseksie gebars en hulle het n veertig meter tent gebou om nie in die reen te werk nie en begin oopkap .Dit was so 2 uur die middag.Die volgende dag teen 12 uur was die pyp reggemaak,die pad was geteer en verkeer was weer normaal.Laat mens dink.

SNEL ·

Ja-nee Ig, seker my fout, ek het elke tweede reel gelees. As jy dit so stel, is dit doenbaar. Seker net omdat mens dit nie gewoond is nie, dan klink en voel dit onmoontlik. Dis beslis dan raakvatters wat daar werk.

Paul ·

As hierdie gebou in byvoorbeeld Duitsland gebou is, sou die kommentare gegons het met stellings oor hoe slim en wonderlik en innoverend die Duitsers is om so ‘n voorafvervaardigde stelsel te gebruik om vinnig te kan bou.
Gebeur dit in China, dan is dit net negatief.
Wonder hoekom…

Gerda ·

Beslis sit ek nie my voete in so gebou nie. Jare terug is ook gesê die Titanic kan nie sink nie en toe wat gebeur toe?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.