Vlug MH17: Nederland versoek Rusland se hulp

Een van die grootste wrakstukke wat opgespoor is Foto: Phil Black, CNN

Een van die grootste wrakstukke wat opgespoor is Foto: Phil Black, CNN

Mark Rutte, eerste minister van Nederland, het Rusland Dinsdag versoek om sy samewerking te gee in die kriminele ondersoek oor Vlug MH17 van Malaysian Airlines.

Rutte het tydens ʼn perskonferensie in Den Haag Rusland se samewerking versoek nadat die Nederlandse Veiligheidsraad bevestig het die vliegtuig is deur ʼn BUK-missiel afgeskiet. Dit is nog nie duidelik wie die missiel op 17 Julie 2014 gevuur het nie, of dit anti-regeringsrebelle of Oekraïne was nie.

“Die eerste prioriteit was om die slagoffers se oorskot te laat terugkeer en dit te identifiseer,” het Rutte gesê. “Hierdie verslag werp lig op die oorsaak van die ramp. Dit was ons tweede prioriteit. Prioriteit drie is om te bepaal wie verantwoordelik was en om die betrokkenes te vervolg.”

Hy het bygevoeg Nederland steun op resolusie 2166 van die Verenigde Nasies se sekuriteitsraad waarvolgens alle lande ten volle samewerking moet bied om aanspreeklikheid te bepaal. “Ons moet in gedagte hou die pad tot vervolging is moeilik en ingewikkeld. Dit gaan lank duur, en, weereens, dit gaan baie geduld verg.”

ʼn Span, onder leiding van Nederland se nasionale polisie, tesame met owerhede van Australië, België, Maleisië en Oekraïne stel ondersoek in. Die uitslag van die ondersoek word in 2016 verwag.

“Die Nederlandse regering sal nie ʼn verklaring uitreik waarin enigiemand beskuldig word voor die ondersoek afgehandel is nie,” het Rutte bygevoeg.

Die Russiese Almaz-Antei-missielvervaardiger het vroeër Dinsdag aangekondig dat die vliegtuig deur ʼn 9M38 grond-tot-lug-missiel deur die BUK-M1-lugafweermissielstelsel uit die Zaroshchenskoye-omgewing in die suidooste van Oekraïne afgeskiet is. Dié gebied is onder beheer van Oekraïne se militêre magte, eerder as insurgente in die ooste van die land.

Die Weste voer aan dat pro-onafhanklikheidsinsurgente in die ooste van Oekraïne die vliegtuig afgeskiet het en het sanksies toegepas teen Rusland en Russiese ondernemings, wat Moskou se verhoudings met die Weste tot ʼn laagtepunt gebring het.

Lees alle vorige berigte oor Vlug MH17 op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

jacques ·

Hoekom vra hulle nie net vir CNN nie hulle het alles geweet wie en wat n uur na vliegtuig geval het.
Sal hulle baie geld spaar en CNN het onderhoud met Bin Laden gehou in n grot terwyl die USA gesoek het vir hom daai manse is baie goed.

Genis ·

Almal weet Rusland het hom afgeskiet. Hulle is net versigtig om direk vinger te wys vanweë die reperkussies.

Ampie ·

Spekulasie oor Russe se betrokkenheid. ‘n Groter moontlikheid is dat pro-Westerse regeringstroepe in die Oekraine die vliegtuig afgeskiet het.

chrisp ·

Nee Genis net die wat alles glo wat Amerika opdis.Ek is weer van die”almal” wat alles waar die VSA betrokke is bevraagteking. Baie iteressant dat hulle voor die geval sooo graag sanksies wou instel en toe dit gebeur sommer dadelik Rusland beskuldig en siedaar sanksies. Laat my dink ek weet nie van jou nie.

jacques ·

Ek wonder wat sou Rusland gewin uit n pasasier vliegtuig af te skiet?.America wou die black box he en tot nou het hulle laat weet wat op black box is.

Johan 2 ·

Ek kan nie sien hoe Rusland daarby sou baat nie…Die VSA en Nato is so gewetenloos hul sal maklik dit doen net om sanksie en oorlog aan te blaas…die 911 storie gaan ook nog uitkom, hou maar dop.

Genis ·

Ja julle sal nou fout soek met alles wat ek sê omdat ek nie die NG kerk se nuutste besluite steun nie. Karring maar aan.

DewaldS ·

Nee Genis, dit het niks daarmee te make nie – ek voel in elk geval ‘n veer vir die NGK. Dit het slegs te make met die ongegronde stellings wat jy teen Rusland maak. Mense is dood (baie mense) in ‘n grusame ongeluk binne ‘n oorlogsgebied waar hulle nooit moes wees nie en daar is geweldige emosies ter sprake. Jy kan mos nie sommer net Rusland blameer sonder bewyse nie.

chrisp ·

Genis,jy doen jou naam geen onreg aan nie!!!

Ek is egter 100%saam met jou oor die NG klub.Wat dit egter hiermee tedoen het weet ek regtig nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.