Wêreldreis danksy die regte naam

Elizabeth Gallagher Foto: A Ticket Forward

Elizabeth Gallagher Foto: A Ticket Forward

Elizabeth Gallagher ontvang ʼn gratis wêreldreis, net omdat sy met die regte naam gedoop is.

Jordan Axani (28), ʼn eiendomsontwikkelaar van Kanada, het onlangs op sosiale media ʼn aankondiging gemaak dat hy iemand soek wat ʼn skeepvaart om die wêreld saam met hom kan meemaak, nadat hy en sy meisie hul verhouding verbreek het. Die enigste vereiste was dat die nuwe persoon dieselfde naam as sy eksmeisie moes hê om die kaartjie oor te neem en dat sy van Kanada afkomstig moet wees.

Axani het Woensdag aan die ABC-stasie WABC in New York gesê hy het duisende e-posse, insluitend 18 vroue met dieselfde naam, ontvang. Hy het uiteindelik op die 23-jarige student besluit. Sy is ook ʼn voormalige lid van die Kanadese kuswag.

Jordan Axani

Jordan Axani

Die twee se skeepsvaart van 22 dae begin Sondag in New York. Hulle sal in Italië, Oostenryk, Frankryk, Thailand en Indië stop. Hulle bly in afsonderlike kamers en Gallagher is verantwoordelik vir haar eie etes en enigiets anders wat sy op die skip wil koop. Sy is glo ook in ʼn ernstige verhouding.

Intussen het Axani ʼn liefdadigheidsorganisasie, A Ticket Forward, op die been gebring om mense te help wat andersins nie sou kon bekostig om te reis nie.

Klik hier om ‘n video-gesprek met Axani te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.