Whitney Houston se dogter Bobbi Kristina oorlede

Whitney Houston (links) en Bobbi Kristina Brown op 12 Februarie 2011 by 'n geleentheid in Beverly Hills, Kalifornië. Foto: AP Photo/Dan Steinberg, File

Whitney Houston (links) en Bobbi Kristina Brown op 12 Februarie 2011 by ‘n geleentheid in Beverly Hills, Kalifornië. Foto: AP Photo/Dan Steinberg, File

Bobbi Kristina Brown, die dogter van Whitney Houston en Bobby Brown, is Sondag in die ouderdom van 22 oorlede.

Bobbi Kristina se familie het langs haar bed in die hospitaal in Duluth, Atlanta in die VSA gestaan toe sy gesterf het. Sy is in Januarie bewusteloos in ʼn bad gevind en later in ʼn mediese koma geplaas.

“Sy is uiteindelik vol vrede in God se arms,” het die Houston-familie in ʼn verklaring gesê, berig die vermaaklikheidstydskrif ET. “Ons wil almal bedank vir die ongelooflike hoeveelheid liefde en ondersteuning die afgelope paar maande.”

Whitney Houston is in Februarie 2012 ook in ʼn bad dood aangetref. Sy was 48 jaar oud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Berhalet Beukes ·

Dis tragies! Iets klink verskriklik verdag aan die omstandighede rondom beide Whitney en haar dogter se sterftes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.