Soorte resepte:

Boek: Bak vir pret & profyt

bak vir pret

Christine Capendale

Die boek is vir almal wat wil bak – om te verkoop of net vir die lekker. Met al die wenke van ’n professionele bakster en spysenier sal almal verseker wees van sukses. Die eerste hoofstuk bespreek die besigheidsasperkte. Die boek bevat meer as 90 unieke resepte geskik vir tuisnywerhede, spyseniering en markte. Die pragtige kleurfoto’s gee wonderlike idees vir versiering.

Oor die outeur:
Christine Capendale is ’n liefhebber van kos, en deel graag haar voorliefdes en geheime met die res van ons. Sy is ’n opgeleide chef en het lang jare gewilde kookklasse in Langebaan gegee, waar sy die beste van die Weskus se uitsonderlike produkte gemaak het en haar kennis wyd gedeel het. Haar kos-filosofie is dat ons almal elke dag heerlik kan eet, en dat die roetine van kosmaak ons nie noodwendig in ’n groef hoef te laat nie: ons kan avontuurlustig kosmaak sonder om ure in die kombuis te spandeer of eksotiese en duur bestanddele te gebruik. Sy woon deesdae in Kaapstad en Pretoria, waar sy steeds haar liefde vir kos uitleef met kosklasse en skryf oor kook. Sy het pas ’n kos-ateljee in haar huis laat inrig.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R250-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.