Soorte resepte:

Boek: Die demokratiese republiek van braai

9780798171069.jpgJan Braai

Dit is jou demokratiese reg om lekker te kuier met vriende en familie om die braaivleisvuur. Daar is niks lekkerder as ‘n sappige tjoppie en wors met die sousie wat so drup-drup dat jy nie anders kan as om jou vingers af te lek nie. Dit is die belofte van Jan Braai se Demokratiese Republiek van Braai. In sy eerste boek Vuurwerke het Jan ons die basiese beginsels van braai gewys en met sy tweede boek Vuurwarm dat braai soveel meer kan wees.
In Die Demokratiese Republiek van Braai deel Jan sy beste braairesepte met ons – dit is jou reg om net die beste te braai. Met Jan se uitsonderlike braairesepte vir steak, hoender, lam en nog baie meer is daar geen verskoning om ooit weer smaaklose braai voor te sit nie.

Oor die outeur

Jan Scannell – beter bekend as Jan Braai – se groot passie is vleis en vleisbraai. Jan het Nasionale Braaidag eiehandig ’n jaarlikse kuier- en kosfees gemaak deur Erfenisdag nie-amptelik te herdoop tot Braaidag. Die een aktiwiteit wat alle Suid-Afrikaners saambind is immers om kos oor oop vure te kook.

Uitgewer: Human & Rosseau
Prys: R295.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johann Marx ·

Geen verskoning om ‘n smaaklose braai voor te sit nie? Daar is nie so ding soos ‘n “smaaklose braai” nie, waarvan praat jy?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.