Soorte resepte:

Resep: Lekkerbek melkpap met braaisous

Lekkerbek-melkpap-met-braaisous

Lekkerbek melkpap met braaisous. (Foto: Lekker & Vinnig Braaigeregte/Lapa Uitgewers)

‘n Paptert is ‘n ou gunsteling om te bedien saam met ‘n braai. Probeer ons weergawe van dié braaitreffer.

Lewer 6 tot 8 porsies

Bestanddele:

  • 3 uie, geskil en gekap
  • 2 knoffelhuisies, geskil en gekneus
  • 30 ml botter of margarien
  • 1x 410g-blik heel tamaties, gekap
  • 5 ml sout
  • varsgemaalde swartpeper
  • 250 g ontbytspek, gekap
  • 1x 410g-blik pitmielies, gedreineer
  • 1 l stywepap
  • 500 ml gerasperde cheddarkaas
  • 200 g spinasie, geblansjeer, ribbe verwyder en gekap
  • 250 ml room

Metode:

  1. Voorverhit oond 180 °C. Smeer ‘n middeslag-oondskottel.
  2. Braai uie en knoffel in smeer. Voeg tamaties, sout en peper by en prut ingedamp.
  3. Braai spek bros en dreineer.
  4. Meng mielies en pap en skep ‘n laag papmengsel in skottel. Skep die tamatiemengsel, ontbytspek, 400 ml kaas en spinasie bo-op.
  5. Skep die res van pap bo-op, strooi die orige kaas oor en giet room bo-oor.
  6. Bak 60 minute lank en sit warm voor.

Bron: Lekker & Vinnig Braaigeregte
Uitgewer: Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Suzy ·

Hi Ek probeer die resep aanstuur,maar weet nie hoe om julle te help om seker te maak of ek n mens is nie,die laaste kolom wat ingevul moet word.
Watse inligting verwag julle presies?

Sune van Heerden ·

Dagsê Suzy

In die blokkie (voordat jy daarop klik) is daar ‘n eenvoudige som. Klik dan net op die blokkie en vul die antwoord van die som in.
Dit is maar net om seker te maak dat kuberkrakers nie ‘n robot kan gebruik om ons webwerf aan te val nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Tessa ·

Die resepte lyk so heerlik. Ek gaan die melkpaptert sommer vir aandete maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.