Soorte resepte:

Resep: Oreo®-kaaskoekkolwyntjies

Foto: Leserskring spogresepte

Foto: Leserskring spogresepte

Annerien Vermeulen, Centurion.

Lewer 18-24 kolwyntjies.

Kolwyntjies

  • 2 pakkies (175 g elk) Oreo®-beskuitjies
  • 500 g roomkaas
  • 125 ml suiker
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 3 eiers

Ganache

  • 100 g donkersjokolade, gekap
  • 100 ml vars room
  • sjokoladeballe, -truffels of maraschino-
  • kersies vir afronding

 Metode:

  1. Verhit die oond tot 180  ̊C. Voer 2 muffinpanne met papiervormpies uit en spuit met kleefwerende kossproei.

 Om die kolwyntjies te maak:

  1. Plaas ’n Oreo®-beskuitjie in elke papiervormpie.
  2. Klop die roomkaas, suiker, vanieljegeursel en eiers vir 3 minute saam.
  3. Skep die beslag in die papiervormpies. Bak vir 20 minute tot deurgaar.
  4. Sit eenkant om af te koel.

Om die ganache te maak:

  1. Verhit die sjokolade en room tot die sjokolade gesmelt is.
  2. Sit eenkant om af te koel tot net bo kamertemperatuur.
  3. Smeer die ganache oor die afgekoelde kolwyntjies en rond af met sjokoladeballe, -truffels of maraschino-kersies.

 Bron: Leserskring spogresepte, saamgestel deur Christelle Erasmus
Uitgewer: Human & Rousseau

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eliza-beth ·

Grote genugtig dit klink, in die woorde van oorle’ Jan Spies, “ryk en lekker” – wat help dit Woolies gaan hul lekkers by die betaalpunte begin wegneem maar dan verlei Maroela ons met sulke resepte! ; D

Rozette ·

Manlief het hierdie spesiaal vir my gistraand gemaak en ek moet sê dit was vrek lekker!!! Hy sal maar gereeld hierdie moet bak…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.