Soorte resepte:

Resep: Soentjies

Foto: specialmealsmeg.blogspot.com

Foto: specialmealsmeg.blogspot.com

Lewer 75 koekies

Bestanddele:
500 g sagte botter of margarien
500 g suiker (625 ml) (2½ k)
4 eiers
500 g koekmeelblom (4 k)
500 g mielieblom (4 k)
10 ml bakpoeier (2 t)
5 ml sout (1 t)

Metode:
1. Klits die botter, suiker en eiers tot lig en romerig.
2. Sif die droë bestanddele saam en voeg by die bottermengsel.
3. Meng tot ʼn gladde deeg.
4. Vorm met die koekiespuit of rol in klein balletjies en druk met ʼn vurk plat.
5. Bak goudbruin in ʼn matig warm oond (190°C).
6. Sit die koekies twee-twee op mekaar met vanieljegeursel.

Resep: Ina Steyn
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Stokkies ·

Loraine het jy dalk al uitgevind hoe sit ‘n mens koekies opmekaar met vanieljegeursel?

Viena ·

Ek glo dit moet eerder lees – vanieljegeursel versiersuiker. Selfs gesmelte wit sjokelade sal lekker wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.