Josh Thirion is dalk net ʼn 13-jarige seun van Belville in die Kaap, maar hy het reeds twee internasionale pryse ontvang vir sy resepteboeke. Josh was in Oktobermaand in Duitsland en vroeër vanjaar in Sjina, waar hy vereer is vir sy uitsonderlike kookboeke.
Esté Meyer Jansen het met hom gesels om meer uit te hoor van sy sukses en hoe hy dit regkry om sy passie met sy skoolloopbaan te balanseer. Josh deel ook een van sy gunsteling somerresepte met ons.
- Josh het ook sy gunsteling resep vir die somer met ons hier gedeel. Besoek sy webwerf vir meer nuus oor Josh se kookboeke.
Ai, het China nou sommer Sjina in afrikaans geword.
Mooi so Josh. trots op jou.
Dagsê Zena
Dankie vir jou navraag. “China” en “Sjina” word albei in Afrikaans erken.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media