Lewer 6 porsies.
Bestanddele:
- 385 g (1 blik) tertappels
- 30 ml (2 e) heuning
- 100 g (1 pakkie) okkerneute, gekap
- 1 ml fyn naeltjies
- 2,5 ml (½ t) fyn kaneel
- 250 ml (1 k) koekmeel
- 187 ml (¾ k) strooisuiker
- Knypie sout
- 75 ml (5 e) sagte botter
Metode:
- Stel die oond op 180 °C.
- Skep appels in gesmeerde oondbak met deursnee van 20 cm of in individuele pannetjies.
- Skep heuning oor appels en sprinkel okkerneute, naeltjies en kaneel oor.
- Sif meel in mengbak. Roer strooisuiker en sout by.
- Vryf botter by meelmengsel in totdat dit soos krummels lyk. Sprinkel bo-oor appels in oondbak en druk liggies bo-op vas.
- Bak vir 35 tot 40 minute tot ligbruin bo-op.
- Sit saam met roomys, vla of room voor.
Wenk:
Carike is deesdae baie bewus van die belangrikheid van gesonde gaarmaakmetodes. Sy braai haar uie, vleis en hoender in lemoen- of appelsap. “Glo my, dit werk en ‘n mens kry ook nie meer sooibrand nie,” sê Carike.
Bron:
Hierdie resep is oorspronklik in die resepteboek, Vrouekeur Sterkos – Kook saam met die sterre, gepubliseer, wat deur Marlo Kitshoff-Carstens saamgestel is. Vrouekeur Sterkos is by toonaangewende handelaar asook direk by Lapa Uitgewers beskikbaar. Besoek www.lapa.co.za vir meer inligting oor die resepteboek.
*vla