Soorte resepte:

Resep: Kaneeltert

Bestanddele:

Kaneeltert. Foto: Tannie Poppie Kook.

Kaneeltert. Foto: Tannie Poppie Kook/Human & Rousseau.

  • 60 ml botter of margarien
  • 125 ml suiker
  • 250 ml koekmeelblom
  • 15 ml bakpoeier
  • 2 ml sout
  • 125 ml melk
  • 1 eier
  • kaneel na smaak

Bestanddele vir die stroop:

  • 60 ml botter of margarien
  • 250 ml suiker
  • 1 blik (380 g) ingedampte melk

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180°C.
  2. Verroom die botter of margarien en suiker saam.
  3. Sif die koekmeel blom, bakpoeier en sout saam.
  4. Klits die melk en eier saam.
  5. Roer die meel- en melkmengsel om die beurt by die eiermengsel in.
  6. Skep die beslag in ‘n gesmeerde tertbak.
  7. Strooi ruim kaneel oor.
  8. Bak 20-25 minute lank tot gaar.

Berei die stroop:

  1. Kook al die bestanddele saam.
  2. Gooi die stroop oor die warm koek sodra dit uit die oond kom.

Bron:

Die resepteboek, Tannie Poppie Kook word uitgegee deur Human & Rousseau. Besoek die uitgewer se webwerf vir meer inligting oor die boek en skrywer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.