Die bewyse vir die oudste gebruik van olyfolie in Israel en moontlik die hele Middellandse Seegebied is in die laerliggende dele van Galilea gevind, berig die Jerusalem Post.
Die oorblyfsels van die olie is in kleipotte gevind wat argeoloë tussen 2011 en 2013 by Ein Tzipori gevind het.
Dit was reeds bekend dat die mense in die omgewing van die teenswoordige Israel destyds olyfolie moes gebruik het, nadat argeoloë tydens ’n ondersese ondersoek suid van Haifa op die oorblyfsels van ’n olie-bedryf afgekom het.
Die vonds by Ein Tzipori was egter die eerste bewys dat olyfolie inderdaad gebruik is.