Soorte resepte:

Resep: Cheddar-en-ham-wiele

Foto: Jou beste lewe

Foto: Jou beste lewe

Om ’n betowerende kosblik te pak – waarvan die inhoud onverklaarbaar verdwyn … deur geëet te word (en nie weggegooi word nie!) – is geen maklike taak nie. Net so eentonig as wat kosblikdiens kan wees, so belangrik is dit vir jou kind se voeding sowel as opvoeding. Alle onderwysers sal vir jou sê dat kinders wat ’n gesonde “breinkos”-maaltyd gedurende pouses eet meer waarskynlik taakgerig sal wees in die lesse ná pouse.

Wat presies is die beste breinkos? Proteïen! Breinselle kommunikeer met mekaar deur chemiese boodskappers wat breinoordragstowwe genoem word (neuro-oordraers). Hierdie neurologiese posmanne bestaan uit aminosure, proteïen se boublokke. Om proteïen van topgehalte in te pak sal verseker dat jy volpunte by jou kinders en hul onderwysers kry – ongetwyfeld ’n groot verbetering op die punte wat jy dalk gekry het toe jy nog ʼn skooluniform gedra het!

Lewer 2 porsies

Bestanddele:

  • 2 volkoring- of saad-wraps
  • 4 e roomkaas
  • 2 e heuningmosterdsous
  • 60 g swartwoudham, gesny
  • 30 g botterslaai (of ’n paar slaaiblare)
  • 30 g verouderde cheddar, gesny

Metode:

  1. Smeer die helfte van die roomkaas op die boonste kwart van elke wrap. Los die roomkaas oop totdat jy die wrap oprol.
  2. Smeer die heuningmosterdsous op die gedeelte onder die roomkaasgedeelte.
  3. Plaas die ham, slaai en kaas bo-op die mosterdsous.
  4. Rol dit nou van onder af op waar daar nie roomkaas is nie, soos ’n sushirolletjie.
  5. Die roomkaas sal keer dat die rol oopgaan.
  6. Sny in 3-4 cm breë stukke, soos sushi, en sit voor.
  7. Gebruik hierdie idee vir ’n verskeidenheid kombinasies!

Bron: Jou beste lewe – Vinnige en gesonde gesinsetes
Uitgewer: CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.