Mev. C. C. Bronkhorst van Eloff sê haar man is dol hieroor, veral as sy dit vir ontbyt maak.
Lewer 4 porsies
Bestanddele:
- 15 ml grondboontjiebotter
- 1 blikkie (120 g) sardientjies
- 8 groot snye brood van jou keuse
- 50 g (60 ml) botter of margarien
- 4 eiers
- 125 ml melk
- sout en peper na smaak
Metode:
- Meng die grondboontjiebotter met ‘n bietjie van die olie waarin die sardientjies ingemaak is.
- Smeer die mengsel op 4 van die snye brood. Maak die sardientjies goed fyn en smeer dit op die grondboontjiemengsel.
- Smelt 25 g (30 ml) van die botter of margarien in ‘n pan.
- Klits 2 van die eiers saam met 30 ml van die melk en geur met sout en peper. Maak roereier daarvan, laat dit atkoel en skep dit op die sardientjies.
- Druk die oorblywende 4 snye brood bo-op vas.
- Smelt die oorblywende botter of margarien in ‘n pan.
- Klits die oorblywende 2 eiers en melk in ‘n diep bord tot gemeng.
- Doop die toebroodjies een vir een in die eiermelk en braai hulle dan aan weerskante in die botter of margarien tot goudbruin. Sit warm voor.
Bron: Huisgenoot Wenresepte 2
Uitgewer: Human & Rousseau