Genoeg vir 10 mense
Bestanddele:
Vir die sous:
- 2 e suiker
- 2 k mayonnaise
- sout en peper na smaak
Vir die slaai:
- blaarslaai, fyngekap
- 6 grasuie, fyngekap
- 1 groen soetrissie, gesny
- ½ k fyn gemengde neute
- 1½ k geblikte ertjies
- mayonnaise-sous
- 1 pak spek, gesnipper
- 1 pak sampioene, gesny
- 3 hardgekookte eiers, in skywe gesny
- 2 k kaas, fyngerasper
Metode:
Vir die sous:
- Meng al die bestanddele goed saam.
Vir die slaai:
- Gebruik ’n diep slaaibak of ’n paar klein glasbakkies met regop kante (dit vertoon mooi met die lagies bestanddele).
- Braai die spek en sampioene saam en laat afkoel.
- Pak die slaai in lae, in die volgorde soos in die slaaibestanddelelys van bo af.
Bron: Woestynkombuis
Uitgewer: Fox and Raven Home