Soorte resepte:

Resep: Heuning-en-mosterd-aartappelslaai

Heuning-en-mosterd-aartappelslaai

‘n Heuning-en-mosterd-aartappelslaai. Foto: Lekker&Vinnig Braaigeregte/Lapa Uitgewers.

Lewer 8 porsies.

Bestanddele:

  • 1 kg baba-aartappeltjies
  • 250 g swoerdlose spekvleis, in blokkies gesny
  • 45 ml gesnipperde grasuie

HEUNINGMOSTERDSLAAISOUS

  • 15 ml heuning
  • 65 ml appelasyn
  • 125 ml olie
  • 1 knoffelhuisie, gekneus
  • 15 ml mosterdpoeier
  • 30 ml vars pietersielie, gekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Metode:

  1. Kook die aatappels in soutwater tot sag. Spoel onder lopende koue water af en trek die skille af. Hou eenkant.
  2. Braai die spekvleis tot bros en dreineer op kombuispapier.
  3. Berei die slaaisous deur al die bestanddele deeglik te meng.
  4. Sny die aartappels in die helfte en voeg die spekvleis. Roer liggies om te meng.
  5. Voeg die slaaisous by en marineer ten minste twee uur lank voordat dit voorgesit word. Skep in ‘n slaaibak en strooi die gesnipperde grasuie oor.

Bron: Lekker & Vinnig Braaigeregte
Uitgewer: Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Susan fourie ·

Ek gaan beslis van die broodresepte probeer…dankie

Bart-Man ·

Baba aartappeltjies. Die mamma aartappel moet seker hartseer wees omdat haar baba aartappeltjies nie kans om n Simba chippie te word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.