Bestanddele:
400 g fyn, gaar vis (2 k)
sout en peper
2 medium gaar aartappels, fyngemaak (250 ml) (1 k)
12,5 ml fyngekapte pietersielie (1 e)
25 ml gesmelte botter (2 e)
1 eier, geklits
12,5 ml melk (1 e)
Metode:
1. Strooi sout en peper oor die vis, voeg die aartappels, pietersielie, botter en eier by.
2. Vorm plat, ronde koekies, rol dit in fyn droë broodkrummels, dan in geklitste eier verdun met 12,5 ml melk en weer in krummels.
3. Braai alkante bruin in diep olie.
4. Dien warm op met suurlemoenskyfies.
Resep: Joey Pienaar
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636
Baie leke viskoekies beste ooit