Vleis:
1 kg maalvleis
2 k water
Kook tot gaar.
Gooi water af en hou eenkant.
Voeg by vleis:
1 k pitlose rosyne
2 groot uie fyngekap en ʼn bietjie gebraai
¼ k margarien
2 t Aromat
2 e kerrie “Mild” (afgeskraap)
1 e asyn
1 t sout
2 snye brood geweek in afgegooide water
4 piesangs
Metode:
Smeer bak.
1. Gooi helfte van vleismengsel in.
2. Smeer ʼn laag appelkooskonfyt bo-oor.
3. Plaas laag gedroogde appelkose bo-oor.
4. Dan laag gesnyde piesangs.
Herhaal, vanaf (1) tot (4).
Gooi bo-oor 2 eiers en ʼn half koppie melk – goed geklits.
Bak 180°C (350°F) vir ± 30 minute tot styf en mooi bruin bo-op.
Bedien met blatjang, klapper en gekapte pynappel.