Kyk net hoe lekker lyk dié gereg!
(Uit: Trooskos, Clover SA)
Lewer 4-6 porsies
Bestanddele:
- 60 g sagte botter
- sap en skil van 1 suurlemoen
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 1 hoender (± 2,3 kg)
- 1 lemoen, gehalveer
- 2 takkies suurlemoentiemie
- 1 takkie roosmaryn
- 30 ml botter, gesmelt
Metode:
- Voorverhit die oond tot 190 °C.
- Meng die botter, sap en skil van die suurlemoen saam en geur met sout en peper. Droog die hoender goed met kombuispapier af.
- Maak die hoendervel oor die borsgedeelte los van die vleis en smeer die bottermengsel onder die vel.
- Plaas die hoender in ʼn oondbraaipot en geur binne die maagholte met sout en peper.
- 5. Druk die lemoenhelftes en die kruie binne-in die holte.
- Verf die hoender met gesmelte botter en geur met sout en peper.
- Oondbraai die hoender in die middel van die oond vir 1 ½ tot 1 ¾ uur. Toets vir gaarheid deur die dikste deel van die dy met ʼn ysterpen te steek. lndien die sappe helderkleurig is, is die hoender gaar.
- Laat die hoender 10 minute lank rus voordat dit gesny word.
Bron: Vinnig en Lekker – Hoender
Uitgewer: Lapa