Soorte resepte:

Resep: Herderspastei

Herderspastei en slaai Foto: gopixpic, Pinterest

Herderspastei en slaai Foto: gopixpic, Pinterest

Lewer 8 porsies

Bestanddele:
500 g gemaalde beesvleis
500 g gemaalde varkvleis, sonder vet
500 ml sagte broodkrummels (2 k)
250 ml melk (1 k)
1 eier
1 medium ui, gekap
10 ml sout (2 t)
knippie peper en 1 t Aromat
25 ml Worcester-sous (2 e)
50 ml blatjang (4 e)
4 medium aartappels

Metode:
1. Meng al die bestanddele, uitgesonderd die blatjang en aartappels.
2. Druk liggies in ʼn gesmeerde oondskottel.
3. Bak 1½ uur lank in ʼn koel oond (160°C; 300°F)
4. Kook intussen die aartappels gaar, maak dit fyn en voeg sout, ʼn stukkie botter of margarien en ʼn bietjie melk by soos vir kapokaartappels
5. Smeer die blatjang oor, en skep die kapokaartappels bo-op die vleis en maak met ʼn vurk ʼn growwe oppervlak. Bak in ʼn warm oond totdat die aartappelpuntjies ligbruin is.

Resep: Joey Pienaar
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.