‘n Foto van die heerlike beesstert volg onderaan die berig. Prof TT Cloete het verlede jaar sy gunstelingresep met Maroela Media se lesers gedeel. Sy versorger, Eveleen (Ewwie) Mvala, maak glo dié besonderse beesstert. Dié geliefde en bekroonde digter is Woensdagoggend in die ouderdom van 91 oorlede en daarom deel Maroela Media graag weer hierdie resep.
Maroela Media publiseer die resep net soos ons dit ontvang het.
Bestanddele:
2 beessterte
Ongeveer 10 aartappels
Een teelepel gewone kerrie
1 koppie blatjang
Metode:
1. Kook beessterte in drukkoker vir ongeveer 45 minute.
2. Sodra dit gaar is, haal dit uit en laat die drukkoker afkoel.
3. Halveer die aartappels en kook dan in die sous van die beesstert totdat die aartappels gaar is.
4. Voeg die kerrie by en meng.
5. Neem dan die blatjang en voeg dit by die beesstert en aartappels en meng.
Die sous is veronderstel om soetsuur te wees, indien dit nie soet genoeg is nie, voeg nog blatjang by.