Lewer 12 – 15 snye
Dis die resep van ouma Lenie Homan.
Tannie Poppie sê: “Sit dit voor met ‘n slaai.”
Bestanddele:
1 ui, fyngekap
sonneblomolie om in te braai
700 g maer beesmaalvleis
5 ml droë gemengde kruie
2 ml knoffelpoeier
2 eiers, geklits
sout en peper na smaak
190 ml vars broodkrummels
6 eiers, hardgekook
1 pak (250 g) spekvleisrepe
Metode:
1. Voorverhit die oond tot 180°C (350°F).
2. Soteer die ui in ʼn bietjie olie tot deurskynend.
3. Meng met die res van die bestanddele, behalwe die hardgekookte eiers en spek.
4. Voer ʼn klein broodpan met die spekvleisrepe uit.
5. Druk helfte van die vleismengsel in die pan.
6. Pak die eiers in ʼn ry bo-op.
7. Druk die res van die vleismengsel op die eiers.
8. Vou die spekvleisrepe toe en bak 25 minute lank.
Die resep is oorspronklik gepubliseer in die resepteboek, Tannie Poppie kook
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R220-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Ek gaan beslis hierdie resep maak, maar ek is jammer om vir tannie Poppie te moet sê dat hierdie nie skotse eiers is nie, maar ‘n vleisbroodjie (meat loaf). Skotse eiers is hardgekookte eiers wat met gemaalde varkvleis (ek haal sommer varkworsies uit hulle velletjies) bedek word, in geklitste eier en dan krummels gedoop word, en dan in diepolie gebraai word. Dis die heerlikste padkos happie, so kombinasie van die frikkadelle en gekookte eiers van elke padkosmandjie