Soorte resepte:

Wys jou Franse vernuf en wen met ‘French Toast’

Foto: French Toast webtuiste

Foto: frenchtoastcompetition.co.za

Hierdie kompetisie is gesluit. Het jy ʼn gunstelingresep vir French Toast (eierbrood)? Wen nou met die fliek French Toast deur met jóú Franse vernuf te spog!

In die nuwe Afrikaanse rolprent, French Toast, maak Lise le Roux gebruik van ʼn resep wat haar ma vir haar agtergelaat het nadat sy oorlede is.

Nou kan jy ook jou gunsteling- en mees kreatiewe resep vir French Toast met ons deel! Die drie beste resepte sal op die spyskaart van die French Toast-koffiekafee bygevoeg word en die topresepte sal deel wees van ʼn spesiale French Toast-koffietafelboek. Al die inskrywings word boonop ook op Maroela Media se resepteblad (Koolstoof) gepubliseer!

Klik hier om in te skryf en lees hier meer oor die fliek.

Inskrywings vir die kompetisie sluit 8 Mei 2015.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.