Aanbieder van ‘Boer soek ’n vrou’ verloof

Marciel Hopkins en haar verloofde, Handré Lourens. (Foto: Ben Heyns/Verskaf)

Marciel Hopkins, die nuwe aanbieder van die gewilde kykNET-werklikheidsreeks Boer soek ʼn vrou, is verloof.

Hopkins (26) en haar kêrel, Handré Lourens, het Vrydagoggend by die Twelve Apostles Hotel buite Kampsbaai in die Wes-Kaap verloof geraak.

Lourens (30) is ’n finansiële bestuurder van Kaapstad. Die paartjie is reeds vier en ‘n half jaar lank in ʼn verhouding.

“Dit voel of ek op wolke loop,” het Hopkins ná die verlowing gesê.

Marciel Hopkins en haar verloofde, Handré Lourens. (Foto: Ben Heyns/Verskaf)

Volgens Hopkins het Lourens haar na die hotel gelok onder die voorwendsel dat sy ’n onderhoud met ’n tydskrif sou doen. Hoewel Hopkins aanvanklik agterdogtig was oor dié onderhoud, was sy heeltemal uit die veld geslaan met die verlowing, vertel sy nou.

“Dit voel nog vir my unreal. [Dit was ’n] groot verrassing!”

Maroela Media het vroeër berig Hopkins is ’n internasionale model, lewensafrigter, motiveringspreker en nou ook die sesde aanbieder van Boer soek ʼn vrou.

Dié program het Sondagaand die 13de seisoen se tien top-boere bekend gemaak.

Inskrywings vir die jongste seisoen, wat op 21 Januarie afskop, is nou oop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.