AfriForum: 10 dae van selfstandigheid

Argieffoto (Foto: stevepb, Pixabay)

Argieffoto (Foto: stevepb, Pixabay)

Staatsafhanklikheid moet plek maak vir gemeenskapselfstandigheid. Volgens AfriForum se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, was dit die besluit wat AfriForum-takstrukture tydens die organisasie se onlangse kongres geneem het. Ten einde die besluit prakties te begin implementeer, gaan AfriForum-takke van 28 September 2015 tot 9 Oktober 2015 meer as 100 plaaslike selfdoenprojekte aanpak.

Die projek, wat bekend staan as 10 Dae van Selfstandigheid, het ten doel om aan gemeenskappe te wys dat hulle nie afhanklik is van die staat om hul diensleweringsprobleme op te los nie. Vir bykans 20 jaar voer gemeenskappe gesprekke met plaaslike owerhede in ʼn poging om hul sover te kry om hul werk te doen. Hierdie strategie het ten beste gemengde sukses gehad. Die tyd het nou aangebreek dat gemeenskappe skouer aan die wiel moet sit en self verantwoordelikheid neem vir hul basiese dienste en veiligheid.

Volgens die veldtogwoordvoerder, Ian Cameron, gaan die 10 Dae van Selfstandigheid-veldtog met ʼn nasionale patrollie afskop waaraan meer as 60 buurtwagte, GPF’s en veiligheidsnetwerke van regoor die land gaan deelneem.

AfriForum-takke gaan in dié 10 dae selfdoenprojekte soos die regmaak van slaggate, die herstel van straatligte, die behandeling van besoedelde riviere, die opruim van vullisterreine en die herstel van kritieke infrastruktuur in dorpe aanpak.

Op sommige plekke gaan AfriForum saam met die munisipaliteite en SAPD werk, maar waar dit nie moontlik is nie, gaan AfriForum-takke gemeenskappe mobiliseer om self hul dorpe reg te ruk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Winston ·

Ek wens hulle sterkte toe en hoop die betrokke verantwoordelikes se salarisse word ook 10 dae onttrek. Ai nee’ jammer dan breek hulle weer alles stukkend en maak net meer werk vir die wat die “weet hoe” het.

Arie Plaasboer ·

Ek vertrou die ooreenstemmende munispale betalings wordook gestop.

HEVW ·

Doeltreffenste wyse om volkstrots te kweek. hoop op n 100% samewerking en dit gaan volhoubaar wees. Wees verseker alhoewel daar diegene is wat dit kan bekostig gaan daar rugryers wees. Maar byt vas.

André ·

Wel gedaan! Werk saam mense. Bad things happen when good people do nothing. Elke bietjie help.

James van Zijl ·

Ek is lid van GPF lephalale.
Daar is baie wat gexoen kan qord.
Onthou net GPF vrvang nie die plaaslike regering se take nie.
A once only / ok.

Emile Zaayman ·

Hopenlik gaan ‘n hamer gebruik word om die spuikers in te kap ha ha ! Kyk foto bo !

Johann Marx ·

Straatligte regmaak? Slaggate toestop? Watervore oopmaak? Rommel optel? Parke se gras sny? Natuurlik sal ek help…..gee terug die afgelope 10 jaar se erfbelasting wat ek betaal het….

Peet Schabort ·

Presies Johann, laat ons wettig erfbelasting terughou en dan daardie geld gebruik om dorpe/stede in stand te hou. Doen ons dit uit ons eie sakke gaan hulle net bederf raak.

Peet J ·

Ek wil net graag weet of die plaaslike owerhede dan later vrygestel gaan word van die pligte soos reeds genoem ? Om die gemeenskap te betrek nl. die leegleêrs wat onder die koeltebome sit en kyk waar kan hulle steel sowel as die bedelaars op die straathoeke is ‘n goeie begin maar onthou net niemand sal werk verrig sonder vergoeding nie.Dit sal goed wees as AfriForum die mense indiens kan neem om die plaaslike owerhede by te staan
aangesien hulle die afgelope twintig jaar soos gemeld nie die mas kon opkom nie. Hierdie projek kan die regering help met werkskepping en sodoende misdaad ook bekamp.

Anton Smit ·

Ek stem saam met Afriforum om dat ons na ons eie veiligheid moet omsien maar kan nie saam stem met die feit dat ons self die onderhoud moet doen terwyl hulle nog steeds die belastings ontvang en daarmee vet salarise betaal aan persone om onder die boom te sit of die graaf teslaap nie

Blackie ·

Nou praat ons politiek of misdaad. Volgens my is GPF/CPF da om polisie by te staan met sigbaarheid vir bekamping van misdaad, let wel sigbaarheid. Nou praat ons misdaad of teerpaaie en vullis verwydering

Christie Joubert ·

Goed en gaaf, maar waar is my belasting geld en erf belasting wat so vinnig by my ge-oes word deur plaaslike regerings. Dus gaan ons nou die werk doen en hulle dik stop met ons geld ook???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.