Twee mense is Vrydagaand in Akasia, in die noorde van Pretoria oorlede in ʼn motorfietsongeluk.
“Die ongeluk het in John Vorsterrylaan in Karenpark plaasgevind,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Die twee motorfietsryers, ʼn man en ʼn vrou, het ʼn paar meter van die motorfietswrak af gelê toe paramedici by die toneel opgedaag het. Hulle het reeds aan hul beserings beswyk.”
Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.
Die foto wys die 15 April, neem aan dit moet 15 Mei wees…. Sterkte aan almal betrokke. Dis baie hartseer.
Dagsê Dolla
Dankie dat jy ons daarop gewys het. Die wysiging is aangebring.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media