Amanzimtoti-skietery: Slagoffer se naam bekend

Die toneel van Woensdag se skietery. Foto: Netcare 911

Die polisie het Donderdag die naam bekend gemaak van ʼn man wat Woensdagmiddag in Amanzimtoti verskeie kere in sy voertuig geskiet is.

Kol. Vincent Mdunge, ʼn polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het aan Maroela Media gesê die slagoffer se naam is Philakufanele Langa, ʼn 43-jarige taxibaas van Folweni. “ʼn Verdagte het met ʼn hoëkaliber-vuurwapen op Langa losgebrand terwyl hy bestuur het,” het Mdunge gesê. “Die voorval het omstreeks 14:50 in Prospectonweg plaasgevind. Die motief vir die moord is nog nie in dié stadium bekend nie. Die provinsie se taxigeweld-eenheid ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.”

Maroela Media het vroeër vandag berig die man was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Verkeer is ontwrig in die gebied terwyl die polisie die toneel ondersoek en opgeruim het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.