ANC aangekla ná hulle ‘geweld aanhits’

DA-premierskandidaat in Gauteng Solly Msimanga (links) (Foto: DA)

Solly Msimanga, die Demokratiese Alliansie se premierskandidaat in Gauteng, het Sondag strafregtelike klagtes aanhangig gemaak teen die ANC nadat dié party glo geweld aangehits het in Alexandra in Johannesburg.

“Ek het vandag ʼn strafregtelike klag teen die ANC ingedien by die Alexandra-polisiestasie nadat hulle na bewering geweld in die gemeenskap aangehits het om die uitslag van die algemene verkiesing op 8 Mei te beïnvloed,” het hy in ʼn verklaring gesê.

Msimanga het gesê hy het bewyse by die SAPD ingedien hoe die ANC saamsweer om geweld aan te hits deur “planne met plaaslike filiale te maak vir gewelddadige optredes en om anargie te saai”.

Die DA het WhatsApp-boodskappe van die burgerregtegroep Sanco gesien “waar optrede teen Johannesburgse burgemeester Herman Mashaba beplan word”. “Ons het ook ʼn WhatsApp-gesprek gesien waar een van die organiseerders aanvoer dat hul optrede deur die ANC ondersteun word. ʼn Verdere soektog op sosiale media het onthul dat die organiseerders ANC-klere dra,” het Msimanga verduidelik.

“Die betoging word gelei deur ANC-wyksraadslede en nie die regmatige gemeenskapsleierskap wat kwessies met die Stad Johannesburg aangeroer het nie. Die raadslede het pogings, om ʼn memorandum aan die Stad Johannesburg te oorhandig, teengestaan en pogings deur die stad, om met die leiers van die gemeenskap te vergader, verhinder.

“Dit is duidelik dat die ANC skrikkerig is dat hulle die verkiesing op 8 Mei gaan verloor en hulle sal enigiets doen om aan bewind te bly in Gauteng,” het Msimanga bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

JaNee ·

Ag die cANCer sal weer suigstokkies en T-Hempde uitdeel by die stembus. En .. siedaar – almal stem weer vir hulle. Een man, een stem werk nie so lekker in Afrika nie

Gert van Wierdapark ·

Ten minste is hul konsekwent – as hul nie aanjaag nie, hits hulle aan om aan te jaag!

Johan ·

Dus is die sogenaamde redes vir die geweld net ‘n rookskerm!?

Oujongvrou ·

Dis walglik dat ons land se leiers so laag kan daal. En dit om stemme te kry. Maak dit hoegenaamd aan hulle saak wat van die mense in hierdie land word. Ek dink nie so nie.

Andre ·

Vra asb die joernaliste by die onluste om vas te stel of daardie Alexandra inwoners hulle munisipale dienste rekeninge betaal.

As hulle dienste rekeninge betaal is … dan het hulle ‘n saak. En ons as landsburgers ondersteun dan hulle protes. Dit sou onregverdig wees as hulle dienste rekeninge betaal maar geen dienste ontvang nie.

Maar as Alexandra se mense NIE vir dienste betaal nie … dan is hulle opportunisties en oneerlik. Terroriste en saboteurs?

Die media se dekking van die Alexandra protes behoort dié kritieke inligting in te sluit.

Anders blaas die media ONGEGRONDE GEWELDPLEGING aan deur gratis publisiteit te gee!

M.a.w. is die onluste net publisiteitsfoefies (fake news) of is dit bona fide nuus?

Andre

DonkerDonkerder ·

Danny, die vrouens dra sulke wollerige pruike om hulself mooier te laat lyk. Die mans kan dit nie doen nie, nou dra hulle maar donker brille. Of miskien is dit ‘n ‘status’ ding. ?

Pieter ·

Nou skrik hul wakker…as hul nie so patetiese opposisie is nie, sal dit ook beter gaan in hierdie land. Jul ondersteuners dink natuurlik anders. Dit is mos lekker gesellig in SA.

willem Botha ·

Al verloor hulle die verkiesing wat ek nie glo gaan gebeur nie sal hulle nie so dom soos fw wees om net die mag te oorhandig nie.

Andreas ·

Die Kruger-miljoene is nog soek, maar blykbaar weet die mense waar die Ghadaffi-miljoene is.

John ·

Sedert die 1970’s is Alexandra daarvoor bekend dat hulle nie huur of munisipale dienste betaal nie. Mense word gekeer om die gebied binne te gaan en onwettige kragverbindings gedy. Winkeleienaars moet maar die skuld afskryf vir onbetaalde meubels. Nou wil sekere politici die leuen gebruik om hierdie mense se skelmstreke verder aan te vuur. SA-nens se breine word gekorrupteer… eintlik reeds onomkeerbaar van die wa af. Die ANC kan ongelukkig nie as ‘n edele party gereken word as almal wat verkeerd doen, bloot net gelos word om verder te woeker nie.

riaan ·

Msimanga, Maimane en die DA is soos ‘n klein hondjie wat in die son le en slaap en dan skielik besef sy mense is tuis. Dan spring hy gou op, blaf verskriklik en hardloop rond sodat sy mense dink hy staan wag.

Hoe onnosel dink die da is ons? ONS val nie vir al julle verkiesings foefies nie!!!!!

As julle ernstig is, sny die krag van die wanbetalers en verwyder onwettige verbindings dan is daar genoeg geld en ander hulpbronne of dienst te verskaf vir Suid Afrikaners wat dit verdien!! Moesie kerm aanhoudend dat die landsgrense oop is, maar sy adjudante Msimanga en Mashaba gee vir hierdie “foreigners” huise, krag, water en beskerming, so WAT HELPMOESIE SE GEKERM?????

Msimanga is ‘n operste opportunis! Behoed ons as hy Premier word! Hy kon nie eers Pta bestuur nie wat nog van Gauteng???

Andre ·

“Niks vir niks … en baie bietjie vir ‘n tiekie!”

Slagspreuk vir die ‘new dawn’ van Cyril Ramaphosa!

Dril die bg spreuk solank in die koppe in van die Alexandra klomp.

Geen dienste vir geen betaling … en baie min dienste vir min betaling.

George in Bloem ·

Good luck with that.Julle p@&p teen donderweer. Die ouens IS die wet en die alfa en omega in die land en “anything they say goes”. Hulle het nie met enige iemand of enige reels,wette en regulasies ‘n saak nie en ooreenkomste en selfs die nakom van hulle EIE reels en wette skeel hulle min en die feit van die saak is solank die meerderheid hulle in beheer hou SAL hulle maak en breek soos hulle wil en aanhou om hulle eie sakke vol te prop.NIKS gaan hier verander nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.