AWB-hoë, nog ʼn lid vas oor arsenaal wapens

Argieffoto ter illustrasie.

Argieffoto ter illustrasie.

ʼn Hoë in die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB) in die Vaaldriehoek is saam met nog ʼn AWB-lid deur die Valke in hegtenis geneem nadat daar glo wapens en ammunisie in hul besit gevind is.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het Vrydag gesê die eerste inhegtenisneming is Woensdag gemaak.

“ʼn Gesamentlike ondersoek deur die Vaalrand se georganiseerde misdaad-, honde- en blitspatrollie-eenheid het die beamptes na ʼn 48-jarige hooggeplaaste lid se huis in Vanderbijlpark gelei,” het Mulaudzi gesê.

“Twee rewolwers, twee haelgewere, twee pistole en 2 136 verskillende kaliber ammunisie is in sy besit gevind. Hy het beweer hy het die vuurwapens by ʼn spesifieke huis in Vereeniging gekoop.” Hy is in hegtenis geneem op aanklag van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

Dieselfde span het Donderdag op die ander huis toegeslaan waar 306 rondes ammunisie vir ʼn .22-geweer gevind is. “Verdere ondersoek het die span na ʼn kleinhoewe buite Vanderbijlpark gelei waar ʼn 42-jarige AWB-lid in hegtenis geneem is vir die onwettige besit van nege gewere en drie pistole.”

Die twee mans se identiteit mag nie bekend gemaak word totdat hulle Maandag in die Vereeniging-landdroshof verskyn het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

humor ·

Aaaaag weer n vlieevangery aan die gang. Maar wie was die verraaier??????????

Dan ·

Ja humor, ek stem ook saam. Jammer dat daar so baie skynheiliges op die aardbol rondswerf.

Rynhardt ·

Ja, AWB’s kan vinnig vir wapens inhegtenis geneem word terwyl onwettig wapens en dwelms oor SA se grense stroop vir 22 jaar al!!

LeonR ·

Ja dit is so, hulle is maklike teikens om die statistieke te laat goed lyk!!

Tiger ·

Rynhardt dis duidelik die regerende party is VREK bang vir die “regses” in die land.Die’ dat hulle sommer die Valke in stuur!!Mens kan maar net vir hulle lag!Ons harte gaan uit na die families van die manne wat gearresteer is en na die manne self ook en hoop hulle kry die beste regsverteenwoordiging moontlik.

Chris Ws ·

“Arsenaal ” wapens.Ai mense daars honderde jagters met MEER wapens en ammo as dit .Dis net omdat die regering weet wat kom dat hulle die Valke instuur.

Sarie ·

Lees die boek Black widow white widow dit is duidelik ons regering is totaal onbevoeg om terrorisme te bekamp. Hulle is vinnig om die regses te takel maar die gevaar like terroriste wat hier n lêplek gemaak het is skotvry. Miskien omdat hulle ook terroriste was en met baie terroriste organisasies hand om die blaas was. Nie alle Moslems is terroriste nie maar die meeste terroriste is Moslems

susan@ ·

Hulle Moet op die regte plekke gaan soek vir gesteelde wapens. Rowers wat op n daaglikse basis mense aan val in ons land.

Lida ·

Bestaan die AWB nog? Hoekom probeer die Valke nie vasstel waar die rowers en moordenaars aan hulle wapens kom nie.. Begin sommer by die SAPD.

Gertjie ·

Nou vra ek ook, waar is die derduisende gesteelde polisie en weermag wapens wat weg gegee is en gesteel is?

pieter ·

aa nou praat jy gertjie voeg by die staats wapens wat verkoop word

Adeline ·

Ai tog die awb..het hulle nie iets beters om met hulself aan te vang nie. Nie gedink hulle bestaan nog nie

Cherokee ·

Ook verbaas om te hoor hulle bestaan steeds. Maar kom ek verstom jou (miskien) deur jou te vertel dat die HNP steeds bestaan!

Nadine ·

Nee Adeline hulle is nie meer nie, net die ANC, jou held Zume en EFF is, so jy kan nou hiervoor n sug van verligting gee.

Gerus ·

Nee Adeline, moet nie oor hulle bekommerd wees nie, die ANC is ten volle beheer. Ek hoop dit stel jou gerus?

rudi ·

Ek kan jou wed amper al die wapens is op die ou stelsel gelisensieer. ANC regering het wette verander om mense te ontwapen. Baie mense sit met “onwettige” wapens omdat hul weier om hul ou regte prys te gee. En baie van ons het geweet dat die polisie jou wapen gaan verkoop en ander onskuldiges daaronder gaan lei. En dit het presies so gebeur

Rynhardt ·

Cherokee, korrek , HNP bestaan al vir jare, maar is nie meer die HNP van Jaap Marais nie!

Cherokee ·

Soosa jy sê Rynhardt, nie die HNP van ouds nie maar waarskynlik bloot in eerbiedige uitvoer van die wense en nalatenskap van Albert Hertzogt. Die KP wat hulle verraai het, is vergete.

Johann ·

Wil jou net gou reg help. Die ou groen vuurwapen lisensies is nog steeds geldig. Ek sê dit nie op hoorsê nie, dis ‘n feit

Joann ·

Gertjie ek stem. Waar kry mens nog AWB? Ek soek al lankal na hulle

Grassie ·

Dit lyk vir my die AWB het maar nog steeds hul kwota verraaiers in hul geledere, soos hulle maar altyd gehad het, van toeka se tyd af.

spokie ·

Ja ne, stukkie inligting.die 1 ou het 6 jaar terug ontrek van die awb.
Jip en die Awb het steeds verraaiers onder hulle.
En daar was gun arsenaal wapens soos wat gese word nie.

Fanie ·

Wanneer sal ‘AWB’s’ leer dat visielose kragdadigheid net tot ‘n dawerende ondergang lei? Los julle ‘Cowboys en Croocks’ en doen iets positiefs. Opstandplanne is ‘n letterlike doodloopstraat.

Steve ·

So ver ek weet is niemand ontwapen nie…. bygese as jou wapens op jo ou lisensie was is hul nog almal wettig…die wat ingegee het was of dom of lui gewees of baggat. Maar bygese dis maar weer een van daai gevalle waar hul ons probeer bang maak dat ons lig loop… die boere mag ouens was n goeie afskrik middel gewees. Maar ja soos my pa gese het.. jy vertrou nie eers jou vrou nie never mind jo priester nie… in die geval is dit n geval van chommie chommie… kom ons kyk wie praat eerste en loop skot vry dan weet jy wie die gemors veraaier is… as jy wil dom weea moet jy maar sukkel of hoe???

Cherokee ·

As ek reageer op wat jy sê moet ek sif en behalwe vir die eerste sin stem ek nie met jou of jou pa saam nie. Ek stem egter saam met jou inleiding want toe ek een van my wapens se lisensie baie onlangs hernu het nadat die hernuwing vir meer as ‘n jaar verval het, is dit wat jy sê vir my bevestig toe dit hernu is sonder enige vrae.

danie ·

Julle is bewus daarvan dat op die klagstaat staan die persone se name en nie lede van awb nie, en daar word daagliks wapens weg geneem van alle bevolkings groep. Omdat dit in die media geraporteer is beteken nie dis die enigste geval nie. Maar nou verstaan ek ook dat om die naam awb te gebruik gee bietjie meer cloud aan die berig.

Eugene ·

Mens kan maar net lag om te dink dat daar nog wragtig onnosele Afrikaners is wat hulle ondersteuning vir klein groepe soos die AWB en selfs HNP gee! Kom by asb!

Opekop ·

Hahaha ha Eugene jy is reg, hoe belaglik, dit is baie meer aanvaarbaar en cool om te dink hoe baie lid word van die EFF, of wat Zuma se groeiende diktatorskap ondersteun, hehehehe.

Cherokee ·

Het jou antwoord aan Eugene EFF ure gelede gelees en nou weer en ek lag steeds daaroor. Ek dink egter dat hy dit nie sal verstaan nie.

JoeV ·

Vreemd die berig, amper soos haaspers van ouds se propeganda, bied jou aan hin arsenaal van ses wapens sowel as ammunisie en 306 .22 rondes sonder geweer. En nogal by sy huis gekry nie op straat met dit rond geloop en skoor soek nie. Werklik n groot bedreiging vir sekuriteit in die land.
Geen melding word gemaak dat dié grote saak veronderstel was om deur twee konstables van die plaaslike polisie stasie hanteer moes gewees het nie? Die vermorsing van belasting in die saak teenoor die algemene gebruik van onwettige wapens in rowe op ‘n daglikse basis.
Geen onwettige wapen is wettig nie, maar mens kan darem optel dat die sensasie wat gesoek word met die grote vangs so effens rassisties is. .

Adeline ·

Die awb in my opinie, is en was nog altyd lagwekkend. Word groot asb!

Metzel ·

Adeline en Eugene gaan hulle woorde nog terugtrek wanneer Malema hulle se dreigemente waarheid word en ons is heeltemal weerloos. Of Bly julle in die buiteland of in n veiligheidskompleks?

Leana ·

Hooggeplaaste in die AWB nogal. Lagwekkend…..nie eers geweet daar is nog n AWB nie.

Marietjie ·

Ja siener Van Rensburg het voorspel dat die joiners onder ons die grootste probleem is jy klink vir my na een van hulle.

Leana ·

Hooggeplaaste in die AWB nogal. Lagwekkend…..nie eers geweet daar is nog n AWB nie.

Bang vir vervolging ·

Destyds voor Joe Modise die Kommandos as “redundant” verklaar het, was daar sekere zarps in die Pretoria gebied wat hul wapens uitverhuur het R50 per patroon. Dis waarom hierdie wapens nie opgespoor word nie. Dan moet ons hulle vertrou???

Gekaapte kommentaar ·

Maroela, sluit asseblief die kommentaar op hierdie berig en delete die negatiewes want dit is gekaap deur agente wat die Afrikaner probeer sleg laat klink.

Sluit kommentaar hier nou ·

Die threat is gehack sluit asseblief en delete onvanpaste kommentaar.

Ongebalanseerd ·

Wit bewegings word gebrandmerk as uiters pateties terwyl swart bewegings soos EFF gebrandmerk word as sterk. Dankie vir die breinspoeling.

Gebreinspoel ·

Beskou jy Afrikaners as belaglik en EFF as braaf? Baie geluk, jy is gebreinspoel.

Paul ·

Jy kan sien julle is almal De Klerk mense wat ons WIT mense VERRAAI het

Sien so ·

Ek sien hier is n paar ja. Hulle leef nou lekker in hulle ideale suid afrika.

Eugene ·

Sien so: Jammer om te hoor jy leef nie lekker hier nie. Jy is natuurlik welkom om te trek hoor.

Johannes Meintjes ·

Hierdie verdag-maakery en vals-vlag insidente is nou al ‘n ou en afgesaagde, indien nie agenda-gedrewe “komm-ops”, taktiek in die korrupde en verdelende Nuwe SA. In die poging om nasionale-vlak GPF samewerking te bevorder en Burgerlike Beskerming daardeur te verbeter, het ek self kontak met vele instansies. Die AWB se werkwyse is inderdaad baie professioneel, en daar word dikwels onderling gemaan om korrek en binne die wet op te tree. ‘n Mens sou wou sien dat Maroela Media ook die verdere details, name, en feite rondom hierdie onwaarskynlike propaganda en daaropvolgende ondersoek voorts ook deursigtig sal publiseer, asb.

Adeline ·

Die awb verteenwoordig beslis nie alle afrikaners nie..dankie tog daarvoor. Dis instansies soos die awb wat afrikaners in n slegte lig stel.

Chris Ws ·

Adeline dis baie duidelik jy weet zero van die AWB af.Leef maar lekker voort in jou onkunde wat deur die propagandistiese NP pers van die apartheids era versprei is – met die doel om die publiek te mislei.Hulle het goed geslaag darin dis duidelik!

Anton ·

Hulle het ons behoorlik mislei deur ons so te verraai het in die onderhandelings toe hulle ons land weggegee het, en ons in die benarde situasie gepla as het waarin ons nou is, so ek glo vir Chris.

Sien so ·

Ek wens ek kon emmigreer maar ek kan nie. Jou standaarde is baie laag as jy gelukkig is met wat hier aangaan, of jy besef nie wat nou gebeur nie, of jy is ryk genoeg om te vlug sodra die ergste begin.

DEWALD ·

Ek verstaan nie wat so snaaks is nie. Julle kritiseer mense wat sou opstaan vir julle.
nou waars is jy? hoekom het jy nie saam opgestaan met die AWB nie?
vir wie lag julle eintlik. die grootste grap hier is die mense wat die AWB verneder maar het geen poging aangewend om enige iets te doen nie om sy medemense te help nie.
Die AWB het nie die beste keuses gemaak nie, hulle kon ook nie hul drank hanteer nie. maar kom ons kyk verby daai foutjies want 99% van ons het al gedrink en was al dronk.

Die grootste probleem wat ons het is mense wat nie kan saam staan nie en verraaiers.
onthou net eending ,’n ware soldaat identifiseer hom nie.
hou liewer ‘n wag voor jou mond as jy niks kan sê of iets opbouend kan sê nie.

raak betrokke by gemeenskap diens want dit is alklaar beter as niks doen en jou lewe verby sit voor ‘n rekenaar en mense opwerk deur ligsinnige kommentaar.

raak betrokke by jou eie gemeenskap se buurtwag. ons het nie ”n beweging nodig nie. ons het mekaar wel nodig want almal is raad-op. Ons almal is afhanklik van mekaar.

kom ons beweeg vorentoe. Raak ‘n lid by Afriforum en soldariteit. dis wettig en daar volg almal die regte stappe. ons het leiers om na op te kyk.

Ciska ·

Hoekom jok julle vir ons mense. Dis snert dat dié AWB lede is of was – hoekom maak julle nie seker van julle feite nie?

Nico Strydom ·

Dagsê Ciska
Die Suid-Afrikaanse Polisie het ‘n verklaring uitgereik waarin hulle die persone wat in hegtenis geneem is as AWB-lede geidentifiseer het. Dit word ook in die berig duidelik gemaak dat die polisie dit gesê het.
Baie dankie
Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

Celia Tjaden ·

DEWALD baie dankie vir jou posetiewe brief! Daar is niks wat so seermaak as ons mense mekaar so oordeel aanval verkleineer en bespot nie! Ek skaam my vir elkeen wat die AWB so bespotlik maak! My genade hierdie mense het die moed gehad om op te staan! Sal daar OOIT n dag kom dat Afrikaners sal saamstaan! Ons dien dieselfde Here saak taal en land! Daardie mense het hart en siel hul bes gegee. En ja,het die spotters destyds dalk saamgestaan was ons vandag sterker! Kyk die fliek MODDER EN BLOED- woorde wat my getref het: HOE VEG JY TEEN JOU EIE MENSE!!! Los die pettie goed en staan saam! Begin sommer die week deur te gaan stem vir die VryheidsFrontPlus. Dis die regte ding om te doen. Hulle is die enigste wat vir ons sal veg. Sluit aan by AgriGForum en Solidariteit. As jy nie iets goeds van jou mede Afrikaners kan se nie, BLY STIL. Bid liewer vir hulle ons het mekaar nodig!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.