Beurtkrag affekteer ook watertoevoer, dierewelstand

(Argieffoto: Pixabay)

Terwyl Suid-Afrikaners reg oor die land planne moet beraam om daagliks ure lank sonder elektrisiteit klaar te kom, veroorsaak beurtkrag dat verskeie inwoners van Johannesburg ook vir tydperke met droë krane sit.

Volgens Johannesburg Water veroorsaak beurtkrag van langer as vier uur dat groot gedeeltes van die stad sonder water kan wees of swak waterdruk kan ervaar aangesien elektrisiteit nodig is om water van die reservoirs na Johannesburg Water se torings te pomp.

“Johannesburg Water het ongelukkig ook nie genoeg watertenks om as alternatiewe watervoorsiening te dien nie, weens die grootte van die gebiede wat deur beurtkrag geraak word,” sê die waterraad in ʼn verklaring.

“Inwoners word aangeraai om sosialemediaplatforms dop te hou vir gereelde opdaterings oor die watervlakke van die watertorings en reservoirs.”

Intussen het die Nasionale Raad vir die Voorkoming van Wreedheid teenoor Diere ook sy kommer uitgespreek oor diere wat afhanklik is van elektrisiteit vir oorlewing. “In enige intensiewe boerderystelsel is diere afhanklik van ideale omgewingstoestande om te oorleef – hierdie toestande is afhanklik van ʼn konstante toevoer van elektrisiteit,” het die raad in ʼn verklaring gesê.

“Elektrisiteit speel ʼn noodsaaklike rol in diereboerderye. Dit dryf die stelsels en toerusting wat gebruik word om ʼn omgewing vir die diere te skep om hulle lewend en gesond te hou. Beligting, verwarming, ventilasie, elektriese motors vir voedingslyne – alles word gedryf deur elektrisiteit wat sentraal is in ʼn produktiewe intensiewe boerderystelsel.”

Die diereraad het ʼn beroep op Eskom gedoen om kennis te neem van die impak van beurtkrag op die welstand van lewende wesens wat afhanklik is van elektrisiteit vir oorlewing.

Eskom het vanoggend gesê fase 2-beurtkrag is deur die nag toegepas en dit sal van 09:00 na fase 4-beurtkrag verhoog word weens ʼn tekort aan opwekkingskapasiteit.

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, en Jabu Mabuza, voorsitter van die Eskom-raad, sal die media om 10:30 in Rosebank, Johannesburg, toespreek oor die huidige situasie met elektrisiteitsvoorsiening aan die land.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

VanAfrika ·

Nooit gedink ons sal ooit ons land in so n toestand sien nie. Als word voor ons oë afgebreek en daar is niks wat ons daaraan kan doen nie.

Ina Jacobs ·

Weet jy ek ook nie. Eintlik breek dit n mens se hart. Ek dink ook so aan almal in hospitale… mense op ventilators, operasies wat gedoen moet word. Mens voel om op n hopie te gaan sit en huil. Ons mooie land gaan met rasse skrede agteruit. Siek mense, ou mense, kinders, diere… almal ly onder hierdie kragstorie. Ek weet nie of SA ooit weer gaan herstel en n veilige heenkome bied vir almal nie. Mag God ons mooi land help.

vis ·

Mooi so ANC. Julle doen uitstekende werk en ons kan gladnie sonder julle. Stem sommer 2 keer vir julle die jaar

Ellisras ·

Kan iemand asb ‘n lys maak van die verskil tussen ons en Zimbabwe. Dan kan ons elke maand die lys vergelyk. Ek kyk hoe die lys korter word.
Die laaste persoon hoef nie die ligte af te sit nie, dit sal self af gaan.

Tanya ·

Vaar wel Suid Afrika dit n jammer om jou so te lank soen hoe jy sink. Jy was goed vir ons almal in die aparty. Tot siens. Hello Hettie hettie water hettie nie krag hettie nie geld hettie nie apartyd nie

Deon ·

Laas nag was dit die eerste keer dat ons deurnag beurtkrag gehad het. Gewoonlik moet die pompe deur die nag werk om die resevoirs vol te water te pomp vir die volgende dag. Sonder krag gaan die resevoirs opdroog. Die realiteite van wanbestuur tref ons nou uit alle oorde.

Alicia ·

Wat gaan aan in ons land!! Dis so hartseer en om van kwaad te raak!! Wow!!

Mamparra ·

Beurtkrag is n klug, emosionele verkragting van almal wat krag betaal. Pravin Gordan moet maar sê wat sy meesters hom voorsê im te sê. Tydens die priodes van beurtkrag is kraggebruik dan soveel meer. Want skielik moernyskaste, vrieskaste en geysers dubbel so hard werk om weer volsterkte te kan wees.

Mamparra ·

Beurtkrag is n klug, emosionele verkragting van almal wat krag betaal. Pravin Gordan moet maar sê wat sy meesters hom voorsê im te sê. Tydens die priodes van beurtkrag is kraggebruik dan soveel meer. Want skielik moet yskaste, vrieskaste en geysers dubbel so hard werk om weer volsterkte te kan wees.

Elna ·

Ons op die Suid kus sit vir 7 dae aan een sonder water hierso en elke dag kom daar n ander verskoning daarvoor. Nou gebruik hulle Eskom se beurtkrag as verskoning. Daar is gese dat ons tot na April sonder water kan wees agv beurtkrag. Ons almal is fustreerd hier op die suid kus. Water is lewe en hulle voel niks vir mens of dier nie. Danksy die ANC wat alles en almal wil blameer behalwe hulle self. Danksy die ANC wat onbekwame mense aanstel en die bekwame mense vir die werk weg wys agv hulle velkleur. Die bom gaan bars in Suid Afrika en almal weet dit. Daar gaan seker nog baie verkeerd loop voor die verkiesing. Die koffers met ANC stemme staan gereed om omgeruil te word met verkiesingsdag. Geen mens of dier of plant kan lewe sonder water nie! Viva ANC!!

Theresa ·

Baie dankie vir ons land wat ten gronde gaan. Dankie vir almal wat onbevoeg is om hul werk te doen , maar in hoë poste sit en skep.

Kleindup ·

Was op vakansie in Zimbabwe in 1988 en ingeboek by die karavaan park in Harare ,sal hulle ons toe vertel dat hulle nie krag het in die karavaan park a.g.v load shedding.
Het nie verstaan wat load shedding beteken nie ,maar vandag weet ek wat load shedding is.
Nooit gedink dit sal in Suid Afrika ook gebeur nie.

Boerboel ·

Eintlik is dit die ou NP regering se skuld wat die land verkoop het aan die ANC, Hoe sou dit nog gewees met die ou regering in bewind?
Kyk al die Afika Lande, toe die gasheers ontrek toe tuimel als !

Nick ·

En die hartseerste is dat al wat witte is net kla maar hulle kannie eers vir net 1 party stem nie. Dis reg ons verdien dit,suffer in silence!

Adonel ·

Ek stem saam Nick. Nou is die tyd om bymekaar te staan. Soos nog nooit tevore nie. Ons almal kla maar doen niks daar aan nie. Kom aan mense hierdie is ook ons land. Gaan ons sommer net boedel oorgee. Almal van ons het nie die geld om te vlug uit ons land uit nie. Ons sal op ons knieë moet gaan. Staan saam soos ons voorvaders gedoen het. Hulle het nie verniet baklei vir ons land nie.

Gert ·

Verstaan nie mooi nie, watse verskil gaan dit maak as wittes vir een party stem?

JOHAN BESTER ·

WEL WEL STEM JA VIR VOORSPOED VEILIGHEID EN VREDE.SO HET DIE CLOWNS GESE.
NOU WAAR IS DIT?

Jorrie Jordaan ·

En Ramaphosa se stem vi di ANC want alleenlik hulle kan die land verbeter. ANC kon dit in 25 jaar nie verbeter nie !!!!

Se net... ·

@Gert. As almal saam staan en vir een party stem wen daai party maar nou stem ons almal vir 10 verskillende partye wat beteken ANC wen weer. Huh Duh

Derf ·

@ Sê net, as al die wittes vir een party stem , beteken dit net dan 4mil gestem het teen 55mil nie wit. Weet nie hoe jy dink daai party gaan ” wen”.

Gert ·

Derf verduidelik dit mooi. Wittes is 10% van bevolking, al stem almal vir een party gaan daardie party hoegenaamd nie wen nie. Nog erger: Nou stem die meerderheid wittes vir DA wat SBE en AA ondersteun, en dis wat ons in die eerste plek in hierdie gemors laat land het.
Hoop ten minste stem die wittes vir partye wat nie SBE ondersteun nie, dan is daar darem bietjie stemme teen dit. Dit hoef nie een party te wees nie, enige party wat teen SBE is sal doen vir daardie doel.

CallieL ·

Noem een instansie wat n sukses is wat deur anc beheer word. Is dit dan verkeerd om te glo swartmense kan niks beheer nie. Hulle wil niks van witmense toelaat nie, nie eers n konsert nie. Rede, dan sien almal weer die witmense behaal sukses in wat hulle doen. Ek daag weer enige witte wat vir anc stem uit om sy minister of missuster wat vir wittes vertel hulle is gelukkig om nog daar te werk, te verdedig en te vertel hoe gelukkig is hy daaroor. Verdedig dan openlik die krag storie ook

Werner ·

Nou net na Gordan se klomp verskonings gesit en kyk en tot die gevolgtrekking gekom dat ons ons maar moet klaar maak vir n totale ineenstorting

Positief ·

Sorg dat jou gaskanne vol is, dat jy n watertenk het vir noodgevalle en ook genoeg drinkwater, en dat jy ligte het vir die donker. Maak jou kos op gas of braai, kry n bottle wyn en geniet weer mense om jou se geselskap, onthou om jou selfoon af te skakel. Geniet die stilte en hou op jaag na wind. Gaan slaap vroeg en staan vroeg op. Gaan stap met die hond, ry fiets ,kano , draf , doen net iets waarvan jy hou. Die lewe is te kort om jou nog oor beurtkrag ook te ontstel!

Johanna ·

Dis rerig n treurige toestand. En duidelik geen hoop vir die toekoms nie. !

boerboel ·

Met die winter wat voor die deur is , is dit nie goeie nuus nie. Dan is die netwerk onder groter druk, ek dink jy moet maar begin goed gebruik soos inverters, Warmwater son panele ens. om van die grit af te kom, Of gas , want dit kan dalk net erger raak.

Dries du Toit ·

As die VF+ 4 milj stemme kry kan ons d.m.v. die Verenigde nasies en druk van ons vriende in die buiteland aanspraak maak op ons eie grondgebied en selfregering. Gee die blanke net n geleentheid om homself te regeer in sy eie onafhanklike gebied en ek verseker jou binne n kort tyd onstaan daar n wereldmag waar ons kos en tegnologie aan die hele Afrika voorsien.

Boet Fasie ·

Dries, as Steve vir die VF+ staan dan het ons klaar 4 miljoen + stemme en kan hy sommer in die buiteland tydens vertonings verkondig hoe dit in Suid Afrika gaan en die verdrukking en onderdrukking deur die ANC , EFF, MTN teen die minderheids groepe waarvan die blanke een is. Hy kan ook sommer verkondig watter plekke ge- zuma ( boikot )moet word.

George in Bloem ·

Te danke aan die onbevoegde,korrupte,patetiese ANC regering is hierdie eens pragtige land nou ‘n piesangrepubliek en baie vinnig op pad na die steentydperk. Almal kan maar gerus solank hulle voete Dubbin smeer en Fred Flinstone model motors aanskaf. Yabbadabbadooooo!!!!!!

Maljan ·

Die “,mense in die weet” reken ons moet gereed maak om twee weke sonder krag te kan oorleef. Hoe waar dit is, kan ek nie voor pa staan nie. Maar niu ja, ander sê weet dit gaan twee maande wees. Een ding wat niemand “in die weet” kan sê nie, is hoekom.

Tang ·

Wat het nou van skroef/snip/skerp se kommentaar geword? Ek wou ook in oranjia gaan sjop maar moes eers klaar lag.

Joon ·

Geduld en beplanning. Kan Niks doen, doen net skade aan jou eie gesondheid en dit kos ook Nog Baie geld.leef van dag tot dag, alles Sal weer reg kom. Glo net

Boet Fasie ·

Dries, as Steve vir die VF+ staan dan het ons klaar 4 miljoen + stemme en kan hy sommer in die buiteland tydens vertonings verkondig hoe dit in Suid Afrika gaan en die verdrukking en onderdrukking deur die ANC , EFF, MTN teen die minderheids groepe waarvan die blanke een is. Hy kan ook sommer verkondig watter plekke ge- zuma ( boikot )moet word.

Gys ·

n Eie grondgebied is net n tydelike oplossing. Kort voor lank gee ons wittes maar net daai gebied ook weer weg.

Boerboel ·

Gys die regering sal nooit vir ons n stuk grond gee, nie eers in die Woestyn nie!
Sal al die wittes daar wil gaan bly?
Ek glo nie, Ons het reeds alls verloor met die Ja stem,

Boet Fasie ·

Boerboel die ANC kan nie toelaat dat die wittes trek nie want waar gaan die geld vandaan kom en wie gaan dan die skuld kry vir alles wat verkeerd loop. Malema wil mos he die wittes moet hulle arbeiders raak, wie gaan die werk doen as die wittes waai.

Andrew ·

Mense kla met ‘n witbrood onder dis arm. Gaan kuier in Parys (Vrystaat), en ondervind daagliks tot drie keer water beurtkrag. Dan gaan die water nog sommer dadelik saam met die krag af tot sowat ‘n uur of twee daarna voor dit aankom. Nee-wat, as jy die kraan oopdraai en daar is skoon water, wees baie bly.

MF ·

Wel ons hier in witbank gebied sit al sonder water vir n week en die verskoning is die reserviors is 10% vol. Ons moet nou water koop om jou jojo tank te vul teen n duursame prys natuurlik. Is dit nie belaglik nie? Weet regtig nie wat van ons land gaan word nie. Ons is op zimbabwe se spoor …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.