Bieradvertensie moet verwyder word oor ‘giftige manlikheid’

‘n Skermgreep van die advertensie.

ʼn Advertensie van Windhoek Lager moet van die lug af gehaal of verander word, het die Advertensiebeheerraad (ARB) besluit.

ʼn Lid van die publiek, Aadila Agjee, het gekla dat die Windhoek-advertensie, waarin die akteur Gerard Butler te sien is, aanstootlik is en mense verkleineer oor hul persoonlike voorkeure.

Die advertensie wys onder meer waar Butler by ʼn kroeg sit en ʼn ander man ʼn bier by die kroegman kry en vra of hy lemmetjie saam met sy bier kan kry. Butler draai dan om en sê dit is Windhoek wat 100% bier is en dat hy nie lemmetjie saam met sy bier benodig nie. Butler sê dan: “Keep it real, Joe”, en die advertensie eindig uiteindelik met ʼn stem wat sê: “Keep it real with 100% pure beer.”

Agjee meen die advertensie is aanstootlik aangesien die man verkleineer word omdat hy ʼn sny lemmetjie saam met sy bier versoek het.

Heineken Suid-Afrika, wat Windhoek brou, het in reaksie op die klag gesê die advertensie het ten doel om te benadruk dat Windhoek Lager ‘n suiwer bier is en nie enige geurmiddels benodig nie. Daar is verder aangevoer dat die man wat die lemmetjie versoek het dit uit gewoonte doen maar nadat hy Windhoek geproe het, het hy dit sonder die lemmetjie waardeer.

Volgens die ARB het hy “informele agtergrondnavorsing” gedoen ten einde tot sy besluit te kom. Die ARB is van mening dat hoewel dit nooit uitdruklik gesê word nie, die advertensie probeer sê dat “regte mans regte bier drink”. Dit word geskep deur die manlike interaksies en die rolverdeling wat net uit mans bestaan.

“Hierdie tipiese manlike interaksie skep ʼn onuitgesproke dialoog: regte mans drink regte bier, en dat mans nie suurlemoen- of lemmetjieskywe in hul bier het nie. Hierdie ongesproke dialoog word verder beklemtoon deur die gebruik van Butler, ʼn akteur wat bekend is vir sy rolle in aksieflieks.”

‘n Skermgreep van die advertensie.

Die ARB het gesê hy het ook opgemerk dat die karakter wat deur Butler geterg word, ʼn saggeaarde, rooikopman is en dat dit “twee eienskappe is wat gewoonlik in ʼn toksiese omgewing tot gevolg kan hê dat hy as ʼn teiken gesien word om te terg”. Die tipe interaksie sou volgens die ARB miskien aanvaarbaar gewees het as dit “tong-in-die-kies” was of indien humor gebruik is om aan te dui dat die interaksie nie “normaal” of “aanvaarbaar” is nie.

Die ARB het bevind dit is juis die “onuitgesproke aard” van die kommunikasie in die advertensie wat dit besonder gevaarlik maak – die geslagstereotipe wat so normaal uitgebeeld word dat dit nie eens verduideliking nodig het nie. Ingevolge die ARB se reëls word geslagstereotipering of negatiewe geslagsuitbeelding nie in reklame toegelaat nie, tensy sulke stereotipering of uitbeelding redelik en regverdigbaar is in ʼn oop en demokratiese samelewing gegrond op waardigheid, gelykheid en vryheid.

Die ARB het gesê dit is die verskansing van die rol van mans dat hulle op ʼn sekere manier moet optree, wat hom pla. “Dit is ook die verskansing van manlike gedrag wat boelie, en wat as ‘giftige manlikheid’ bestempel word. Die advertensie skets ʼn duidelike beeld van ʼn aspek van die teikenmark en daardie mark is ʼn stereotipe macho-man wat swig onder die druk van sy eweknieë om in te pas.”

Die ARB het bevind die advertensie oortree sy reëls en dat die advertensie onmiddellik van die lug gehaal of verander moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

77 Kommentare

MakersMark ·

Wat ‘n grap. As hy cane en raspberry gedrink het was die advertensie seker ok……

Smiley ·

Aprils fool is seker vroeg vanjaar. Dit is die enigste rationele verklaring vir sulke twak.

Debbie ·

Ag regtig mense. Mors nou jou tyd om te kla oor iets so stupid. Daar is baie erger goed daar buite in die wereld om nou regtig jou mond oor te rek. Ons mense het geen meer sin vir humor nie

SomeOne ·

as dit nie raskaart is nie, dan is dit nou macho-man kaart, heineken, as ek julle was, stuur ek arb na die duiwe(l) toe

Barend ·

Dis Windhoek draught nie Heineken nie. Lees asb voor jy komentaar lewer

Ronél ·

Barend. Ek dink daar word verwys na die vervaardiger, nie die bier self nie.

Dirk ·

Ek drink my bier met ń strooitjie.(wink wink)

Ek dink die mense is net jaloers omdat hulle, onder die belaglike omstandighede nie ń ou biertjie kan drink nie.

Shame, adverteerders moet maar “meer inklusiewe”, “minder aanstootlike” en “meer onbevooroordeelde” advertensies skep.

Lyk my ons jong manne(outjies) is sagter as ń ou badspons.

Pleks hulle gaan huil oor die toestand van ons land, sy mense en die ekonomie.

Dirk ·

En voor ek vergeet ou antie klaaglied, ek eet nie baie vleis nie want ek is arm, maar as ek hom eet, VREET ek ń 1 Duim DIK STUK STEAK !!

Anel ·

Nou het ek alles gehoor. Wat ‘n grap! Nou mag mans nie meer manlik wees nie! Môre mag vrouens nie weer vroulik wees nie! Hoe siek wil sekeres nie wees nie. Die klaer is seker kwaad omdat hy nie deel van die advertensie was nie of so iets.!

Otto ·

Flippen belaglik dat mense so fyngevoelig kan wees en kapsie maak oor sulke snert.

Dawid ·

Word advertensies wat ‘metro men’ uitbeeld verban, siende dit ook as stereotipering van mans gesien kan word? Of is ‘all animals (mans in die geval) are equal, but some animals are more equal than others’ die reël? Wag, jammer, ek mag seker nie van ‘mans’ praat nie

Charles ·

Waar is die tyd toe mans nog mans was en vroue net vroue was…

Jdb ·

Hierdie Aadila Agjee is ‘n verveelde Sandton hippie met issues. Sy lyk soos Camala Harris en haar “life partner” is duidelik nie ‘n bier-drinkende man nie. Oo haar openbare Facebook profiel sê sy ook dat “organised religeon” iets is wat deur mans uitgedink is.
Nou waarom het een so ‘n ou aandagsoekertjie millennial die mag om advertensies te kanselleer?

Francois ·

Kamala se opinie oor godsdiens – DIT is nou ‘n aanstootlike opinie!

Chris ·

Belaglik en kinderagtig. Party mense kan maar net eenvoudig nie n advertensie verstaan nie.

Johnny ·

Tyd dat mans opstaan en sê “tot hiertoe en nie verder nie”

Andries ·

Dit is dieselfde as jou man “lite” bier drink. Dan moet jy as vrou hom laat sit en ‘n vrou tot vrou gesprek met hom voer.

Casper ·

Mnr.Agjee van watter planeet af kom jy dat daar nie eers bier is nie.Ek is seker jy drink nie eers coke nie.Dit lyk my selfs ‘n sin vir humor is ‘n misdryf.

Casper ·

Mnr.Agjee jy is seker gefrustreert,ek weet nog net nie op watter gebied nie.My vrou se dit ook altyd vir my as ek nie my sin kry nie.L O L.

Waar ·

Shame, arme mensies. Lyk my common sense is deesdae’n “superpower”

KB ·

Ag werklik…waaroor gaan hulle nóg kla. Sit af jou TV as die ding jou pla.

Danie ·

Die Agjee het seker niks anders om te doen as om te sit en kyk waar kan hy kla. Ek dink ek moet vir hom n kas Savana Light koop en n pakkie curry leaves dan kan hy dit try en sien of dit werk en as hy agterkom dit werk nie dan sal hy verstaan bier met suurlemoen loop ook nie saam nie.

Saartjie Suurbek ·

Ag, nee, magtig. Dit raak nou regtig buitensporig. ‘n Groepie ape sit iewers en besluit wat is ‘aanvaarbaar’ vir die samelewing. Laat die samelewing vir ‘n slag self besluit. Laat ons stem oor die toepaslikheid van die advertensie. Ons is tog die sogenaamnde samelewing vir wie dit ‘aanstootlik’ is.

Riana ·

Eish… mense daar is baie verkeerd in wereld… seriously????????????

Peetjie ·

Ag strooi…dis net iemand met n bàìé lae selfbeeld wat soo na die advertensie sal kyk… Dis n baie goeie ad en hy kan maar net so bly..

Antoinette ·

Belaglik verby. En dan is Gertatd Butler ook nog in elk geval aansienliker as 99% van die karakters in die simpel advertensies waarmee ‘n mens gedurig gekonfronteer word. Los tog die kleinsieligheid. Eisj.

Hoekom ·

So kom ek kry die reg. Dit is verkeerd om heel onskuldig en as ‘n grap met ‘n man te spot wat ‘n lemmetjie saam sy bier drink, maar dit is heel fine en reg om ons mans giftig te noem?

annie ·

… seker maar suur omdat triljoene suipers van sekere lemmetjie-kannetjies nou droè bek sit… en die hele land plus die wynbedryf nou skade moet ly. Ons dog sekere gelowe verbied alkohol.

Sonneblomkind ·

Rerig!!!!! Small things … and small minds…. dink hulle het hul marbles verloor

Pietie ·

Ag asseblief….. waaroor die optrede. Dis n simpel advertensie mense soek rede om baklei oor niks nie. Belaglik verby

Jacobus ·

Een woord belaglik. Kon byna glo dat dit van die “command council’ kom – die snowflake vertakking. Miskien moet hulle alle advertensies bekyk. Veral dié wat grootskaalse jolliefikasie aanmoedig. Maar nou ja die kanselleer neiging het posgevat onder dié wat met jou verskil en kunstenaars van hulle vermoeë om te verdien ontneem word.

Jurie ·

dis nou belaglik as die klaer onseker is oor sy eie manlikheid dan stel ek voor gaan suig n skyfie suurlemoen dalk voel jy beter

Corne123 ·

Ag nee dit belaglik verby. laat ek eerder net stilbly want vet wret da erger gemors wat uitgesaai word

Anoniem ·

Die rooikop moet die ARB nou aanvat dat hulle hom uitmaak as saggeaard en n rooikop. Want nou sê hulle eintlik alle rooikoppe is saggeaard en diskrimineer hulle nou eintlik teen rooikoppe. Dit is presies hoe hulle bevinding is teenoor windhoek. Dit is belaglik regtig.

Essie ·

Ag shame, net omdat een persoon nie van die advertensie hou nie …

Francois Le Cochon ·

Virginiaaaa………die wyn vir manne wat man wees geniet.

Johan ·

As ‘n rooikop sal ek’ n ander rooikop ‘n klap gee as hy lemmetjie by sy windhoek drink lol agge nee regtig hierdie land verbaas my elke dag

Hennie ·

Belaglik… So alle advertensies wat verwys na geslag moet geskrap word… BS!

Maggies ·

Dalk is die probleem eintlik omdat daar vir ‘n verandering twee aantreklike mans op die advertensie gebruik is en dit nie verteenwoordig is van ‘n breër spektrum van alle mans in SA nie?

Dubbelloop ·

Die ouens kan darem maar met snert uitkom. Wat ń misable klomp bog. Regtig, nè.

Bont ·

Hoe se hulle ” daar is pille vir alles, maar nie vir stupid nie”. Dit is net ‘n advertensie. Die akteurs word betaal, so die rooikop kon mos nee gesê het vir die advertensie. Nou word daar onnodig geld gemors op ondersoeke. Plaas eerder die geld gebruik vir arm honger mense wat nou swaar kry omdat hulke nie werk het nie.

Mariana ·

Lagwekkend. Hoe kan bier nou iemand se manlikheid bepaal? Met of sonder suurlemoen. Genade daai klaer het seker maar ‘n probleem oor manlikheid van mans. Shame man. Vlg keer moet hulle maar ‘n vrou in die advertensie sit nie vir Butler of ouens soos hy nie, maar dit sal weer ander soort herrie veroorsaak.

AndrewL ·

Die ARB maak hul eie annames en deur hule eie interpretasie en vooroordele word ‘n advertensie “gedemoniseer”. Dis absolute snert. Die eintlike ding is dat ‘n man nie meer as ‘n man uitgebeeld mag word nie, ‘n vrou nie meer as vrou nie. Dit is mos polities korrek dat ons mos maar net mense is wat geslagloos gesien en hanteer moet word.

JohanR ·

Nie lank nie dan sal baba doeke nie meer enige advertensies mag wys nie, want dan kry jy in jou sitkamer die reuk van doe doe!

Altus ·

Ek kan nie sien dat n appelhof die besluit sal aanvaar nie.

Francois ·

Inderwaarheid is niks meer toelaatbaar nie. ENIGE opinie, kommentaar, gesegde, of idioom sal die een of ander groep aanstoot gee. Pateties!

Robert Sydney ·

Nou het ek alles gehoor. Ek dink hulle noem hierdie tipe ding “politieke korrekthed”

anniekiewiet ·

As ander biermaatskappye kapsie gemaak het, sou ek dit verstaan…. Maar hierdie arme klaertjie het iewers verdwaal, sy/haar planeet wou hom/haar ook nie hê nie.

AH ·

Hoe absoluut belaglik en kleinlik………….Laat my dink aan die sjampoe advertensie ‘n ruk terug……….Dat mens nou so in jou spoor moet trap vir advertensies…….Asof daar nie genoeg werklike probleme in ons land is nie.

Nienie ·

Ek sien dit weer dat mens nie die 100% bier moet “besoedel” deur iets by dit te sit nie? Sien dit glad nie as giftige manlikheid nie, wel net as iets wat pure bier is en nie fieterjasies nodig het om dit beter te laat smaak nie? Is ons al regtig so vêr van die wal af dat so iets aanstoot gee?

Genis ·

Die naam alleen klink verdag, Aadila Agjee… Ag ghee gaan vang n haan… Kannie glo mense hulle met sulke twak kan besighou nie… En dan dit nog vasiliteer ook… Belaglik…

Raakvatter ·

So as ek nie van Savannah hou nie, dan het ek nie sin vir humor nie? Ek voel in die gesig gevat, lol. Bier is my voorkeur drankie, ek drink al te graag bier. Maar soms geniet ek ‘n soet enetjie en soms ‘n shandy. En so what, maak my nie enigsens minder manlik voel nie. En as ek ‘n dubbel brandewyn neem en trippel seker maak, en die persoon langs my drink enkel whisky en water, so what!

Sandra ·

Kan jy nou meer. Dat ‘n hele advertensie afgehaal word en dit oor een persoon wat reg wil wees. Ek het die advertensie gaan kyk na ek die gelees het. Ek kan nie sien hoe dit enigsens afbrekend of neerhalend vir enige persoon is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.