Chris Hani-moord: ‘Walus het geen berou’

Tydens ‘n vroeëre betoging teen Janusz Walus se vrylating. Foto: ANA

ʼn Sielkundige verslag oor Janusz Walus, die moordenaar van die SAKP-leier Chris Hani, voer aan Walus het berou dat Hani se kinders sonder ʼn pa en sy vrou sonder haar man gelaat is, maar hy het geen berou dat hy Hani vermoor het nie.

“Hy rasionaliseer steeds sy aksies en dring daarop aan dat dit politiek gemotiveerd was. Sy idees oor Kommunisme bestaan steeds,” lui die verslag.

Michael Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste, het Vrydag gesê dié verslag is een van die aspekte wat hy in ag geneem het toe hy besluit het om Walus se aansoek om parool te weier.

Walus, ʼn Poolse immigrant, is destyds saam met wyle Clive Derby-Lewis skuldig bevind aan die moord op Hani in 1993. Hy het reeds 24 jaar tronkstraf uitgedien.

Die Pretoriase hooggeregshof het in Maart verlede jaar beslis dat Walus binne 14 dae vrygelaat moet word nadat Masutha in 2015 geweier het om Walus op parool vry te laat. Masutha se aansoek om verlof tot appèl is aanvanklik afgekeur waarna hy die appèlhof direk genader het. Die appèlhof het die saak na Masutha terugverwys en gesê hy het 90 dae tyd om te besluit of Walus vrygelaat moet word of nie.

Masutha het Vrydag gesê hy het die appèlhof se uitspraak in ag geneem rakende die voorleggings wat deur Hani se vrou en Walus gemaak is, asook die aanbevelings deur die paroolraad. Hy het ook die relevante wetgewing en wetlike voorskrifte rakende die paroolproses in ag geneem.

Masutha het gesê die sielkundige verslag wat aandui dat Walus nie berou vir sy aksies het nie, is ʼn duidelike weerspieëling van die risiko daaraan verbonde om vir Walus op parool vry te laat aangesien “die primêre motief wat tot die oortreding gelei het steeds bestaan”.Hy het gesê ʼn veiligheidsrisiko-assessering moet eers gedoen word en dié assesseringsverslag ingedien word oor die risiko’s wat mag bestaan sou Walus op parool vrygelaat word.

“As ʼn mens in ag neem dat berou ʼn sterk gevoel van hartseer en spyt is oor iets wat jy verkeerd gedoen het, demonstreer hierdie verslag ʼn persoon wat niks daarmee verkeerd sien om ʼn Kommunis, wat toevallig ʼn pa en ʼn eggenoot is, te elimineer nie. Dit kan op geen manier as volle berou gesien word nie aangesien hy voortgaan om sy moord van die Kommunis te regverdig,” het Masutha gesê.

Hy het ook gesê daar is sekere teenstrydighede in Walus se weergawe van die omstandighede wat daartoe gelei het dat hy besluit het om Hani te vermoor, wat ʼn verdere aanduiding is dat hy nie werklik berou het oor sy dade nie.

Masutha het gesê die departement van korrektiewe dienste sal Walus help om verder aan prosesse van regstellende geregtigheid deel te neem, asook aan individuele terapiesessies met ʼn maatskaplike werker “om sy sosiale funksionering vaardighede te verbeter”.

Masutha het verder gesê dat Walus in al die jare wat hy agter tralies deurgebring het nog geen verdere akademiese of beroepsvaardighede bekom wat sy vooruitsigte op herintegrasie in die samelewing kan verbeter nie. Hy het aanbeveel dat die departement hom bystaan om sodanige vaardighede te bekom.

Volgens die Wet op Korrektiewe Dienste moet Walus se paroolaansoek binne die volgende 24 maande heroorweeg word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Piet Snot ·

Indien dit wat die sielkundige geskryf het waar is, nl dat hy steeds nie “berou toon” nie en sy daad probeer regverdig, het Janusz slegs homself te blameer. Teen dié tyd moes hy al agtergekom het hoe mens die stelsel manipuleer.
Ek stem 100% met sy motiewe saam. Maar as ek vandag so ‘n evaluasie moes ondergaan, sou ek van berou uitmekaargeval het. Trane en 100x ekskuus, en drama.
Enigiets om die onreg van sy voortgesette aanhouding te beëindig.

zoom zoom ·

Dit is ‘n skande. Die man sit al 24jaar. Moet hy nou op sy knieë val en die sakp se voete soen. Is daar ‘n wet wat sê dat jy van Hani moet hou. As daar is dan moet daar baie mense tronk toe gaan want almal hou nie van hom nie net so met nr1 wat alles wil beheer

Amanda ·

Ag shame die ou goedjies wat so swaar kry. Onthou net julle oordeel nou maar julle gaan geoordeel word. Dit gaan veel erger wees. Sterkte

Bruno Stef ·

Stalin se kommuniste was verantwoordelik vir die massamoord van 17000 Poolse offisiere wat op een dag in die Katynse Woude in Poland tereggestel is en wat hulle die Nazis voor beskuldig het. Dit is die motivering agter Walus se optrede aangesien van sy familie ook deur kommuniste vervolg is.

Pierre ·

Ek het nog nooit gesien dat enige lid van die sogenaamde kaders al ooit berou getoon het vir die moorde wat hulle gepleeg het voor en na apartheid nie. Die probleem hier is maar eenvoudig, Hani was gesien as ‘n hero onder baie en daarom word die saak gemanipuleer, wat van vergifnis van Hani se familie af, as hy dan moet berou he kan hulle mos ook dan vergeef. Wie van die ANC, PAC ens sit nog in tronke vir moorde gepleeg, geen een nie en moet nie vir my se hulle het berou getoon nie. Ek is jammer vir hom want hy het gestaan vir ‘n saak waarin hy geglo het.

Riette ·

Ek stem saam, nee hul mense se gebeendere moet van heinde en ver opgegrawe word en op die staat (maw – ons die belasting betaler) se onkonste by hulle begrawe word.

Hoekom MOET hy iets studeer of leer…..nie almal wil president wees as hul vrygelaat word nie.

Blits ·

Nie een van die wat onskuildige plaas boere vermoor het , het berou nie maar hulle kry parool en hulle lag daaroor, Julle weet nie wat berou is nie en ook nie menslikheid nie en beslis ook nie menswaardigheid en regverdigheid nie en ook nie vrede nie

bgj van der westhuizen ·

het die anc en ander berou al getoon oor al die mense wat hulle vermoor het nee wat maak dit saak of hy berou het of nie hy het sy straf uit gedien en nou moet hy vry gelaat word dink hulle die mense wat se hulle is so jammer bedeol dit laat n mens lag dit is om dat hy wit is hulle wil he hy moet kruip hy hulle as sy tyd om is laat hom vry

m.d.r ·

ek verneem graag—-as ek dit reg verstaan het, is ‘n vonnis van lewenslank 25 jaar van krag.
Wat gebeur dan na 25 jaar…word so ‘n persoon dan automaties vrygelaat…?
Walusz is in 1993 tronk toe–aanvanklik onder ‘n doodsvonnis wat later versag is na lewenslank in 2000.
Dus het hy reeds 24 jaar uitgedien….nog een jaar en hy het sy straf en sy skuld teenoor die gemeenskap ten volle betaal…
Almal weet dat die wraaksugtige Me Hani enigiets sal doen om hom steeds in die tronk te hou…gaan sy toegelaat word …. ? Ek sou graag wou weet wat se die regsgeleerdes….

Johan Immelman ·

My oom se plaasaanvaller was 33 jaar gevonnis. Hyt slegs 12 jaar uitgedien voor hy op parool vrygelaat is. Niemand het ons ooit in saak geken nie en geen berou is getoon. Seker maar verkeerde kleur. Walus het reeds meer as sy straf uitgedien. Hierdie raak nou bellaglik. Die man hoef nie van kommunisme te hou voor hy vrygelaat word. Dink dis net billik dat hy nou gaan.

Gert ·

Wat van die wit en swart kinders wat groot geword het wat die anc opgeblaas het met landlyne en bomme in eetplekke. Na 30 jaar geover it. Almal verloor ouers.

Jurie ·

Dubbele standaarde; wat van Robert McBride wat nou n”good guy ” is in almal se oe.Nogal in Jaques Pauw se boek.

Cherokee ·

Ek hoop jy weet wie is Jaques Pauw. Max du Preez se boesemvriend. Een van die groot bydraers tot wat ons vandag het. Hy probeer sy eie gewete besweer want hy is een van die liberaliste wat saam met Du Preez gehuil en geneul het om dit te kry wat ons vandag het. Jaques Pauw verdien nie die konserwatis se eer vir sy boek nie. Hy was een van die wat dit meegebring het.

Kat ·

Ek is bly hy swignie voor kommunisme nie.Hy is dus n man van sy woord.

Rupert Ashford ·

Masutha, miskien, net miskien speel sy afkoms (pole) waar hy en sy mense vir dekades die waarheid oor kommunisme ervaar het ‘n rol in sy erge afkeur aan die stelsel en mense wat dit voorstaan.

Rina Kotze ·

Net 1 vraag:.
Al die moordenaars van boere, is beslis nie spyt nie! Maar hulle Val mooi in by die vyand se plan: illusies

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.