Clive Derby-Lewis dan begrawe

Clive Derby-Lewis

Clive Derby-Lewis

Clive Derby-Lewis word vandeesweek begrawe nadat hy verlede week in die ouderdom van 80 oorlede is.

Gaye Derby-Lewis, sy vrou, het gesê die diens en begrafnis sal egter net vir familie en nabye vriende wees en lede van die media en publiek kan dit ongelukkig nie bywoon nie. Maroela Media het wel verneem die begrafnis vind Woensdag in Pretoria plaas.

Derby-Lewis is Donderdagmiddag in die Eugene Marais-hospitaal oorlede. Volgens Gaye is Clive verlede maand geopereer om vog van sy longe te verwyder. Hy is in 2014 met longkanker gediagnoseer. “Hy het sedertdien agteruitgegaan.”

Gay het gesê hy Derby-Lewis is verlede week weer in die hospitaal opgeneem toe hy gesukkel het om asem te haal. “Die dokters het vir my gesê hy gaan nie weer huis toe kom nie.”

Derby-Lewis is in Junie verlede jaar op mediese parool vrygelaat, nadat dokters bevind het hy is terminaal siek en het reeds fase 4-kanker. Die minister van justisie en korrektiewe dienste, Michael Masutha, het Derby-Lewis se aansoek om parool verskeie kere geweier. Derby-Lewis het toe ʼn dringende aansoek gebring dat die minister se besluit ter syde gestel moet word.

Derby-Lewis het lewenslange tronkstraf uitgedien vir sy aandeel in die moord op die destydse SAKP-leier, Chris Hani, in April 1993.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Asjas ·

Julle het al klaar te veel inligting beskikbaar gemaak. Hierdie ander lot sal nie die geleentheid laat verbygaan om ‘n optog te hou nie.

Magda ·

Julle moes eintlik gese het hy word in Botswana of Namibie begrawe.

Ano ·

Ons is in gees saam met julle. Dis net jammer dat net ordentlike mense julle versoek gaan respekteer.
“Free at last” – RIV Clive

GJ de C K ·

Wat ‘n voorreg om geseënd te kon wees met leiers soos Clive Derby-Lewis! ‘n Man wat sy “geld gesit het waar sy mond was”.

‘n Lewende voorbeeld van Christen wees, ongeag die prys.

Altyd nederig en respekvol, dog onbuigbaar in verdediging van sy volk, vaderland en geregtigheid. Getrou aan Jesus Christus, in verdrukking, vervolging en selfs dood.

A schollar, an officer, and a gentleman! A true Christian!

Requiescat In Pace. Tot ons weer ontmoet.

Asjas ·

Hulle wou nie vergewe nie, het hom so lank as moontlik in die tronk gehou, lank nadat mense wat bomme geplant het en 100de mense dood gemaak het vrygelaat is of president gemaak was. Ons het almal probeer versoen maar die familie wou CDL net eenvouding nie in rus laat nie. Dit was oorlog, sekeres het gedoen wat hulle nodig geag het om ons te probeer red van wat nou aan die gang is. Daai familie het hulself oor en oor as veglustig bewys, ek kan nie dink dat hulle hierdie geleentheid dalk sal laat verbygaan en respekteer nie.

foxi ·

Mnr. C Derby-Lewis sal eers volkome vry wees wanner hy te ruste gelê is……..
Die verlede is verby, almal moet hom nou net uitlos en sy familie.
Totsiens Mnr. Derby- Lewis, rus in vrede……..?

RIP ·

Ek sou ook nie die publiek toegelaat het nie, want al wat ‘n SAKP lid en Minister is wat hom gehaat het en heeltyd sy parool teegestaan het tot laasjaar, sal skielik die begrafnis wil bywoon om te bewys hoe ‘vergewensgesind’ is hulle, dan sien die hele wereld watter wonderlike goeie mense hulle is. Neewat .. hulle het hom nie ondersteun vir baie jare nie, hulle het hom beveg en geskel tot teen die einde . laat hy in vrede rus en laat sy familie en vriende hom in vrede begrawe~!

Juffrou ·

Jammer jul het alreeds te veel inligting gegee! Verander jul planne. Sê sommer in Botswana!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.