Cosatu: ‘Betogings teen tolstelsel gaan voort’

Die vakverbond Cosatu sê hy sal voortgaan met sy beplande aksie teen die tolstelsel op Gautengse hoofweë, ondanks die minister van finansies Pravin Gordhan se aankondiging van laer tolfooie tydens sy begrotingsrede.

“Ons is nie melkkoeie wat namens buitelanders gyselaar gehou kan word wat geld van ons wil kry deur ons openbare goedere te gebruik nie,” het die hoofsekretaris van Cosatu, Zwelinzima Vavi, aan die SABC gesê. Hy het reageer op Gordhan se aankondiging dat die tesourie R5,8 miljard aan Sanral sal gee ten einde tolfooie te verlaag. Vavi sê die verlaging van tolfooie van 66c/km na 30c/km is steeds nie goed genoeg nie. “Die staking sal voortgaan op 7 Maart en ons sal seker nog ʼn betoging hou op 30 April, die dag wat hy [Gordhan] sê die tolstelsel in werking sal tree in Gauteng. Ons sal nie skik nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.