Diamante by Prieska-myn gesteel

Argieffoto

Argieffoto

Sestien mans het Maandagoggend ʼn onbekende aantal diamante by ʼn myn naby Prieska in die Noord-Kaap gesteel.

Lt.genl. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, het gesê 16 mans het omstreeks 03:40 Maandagoggend veiligheidswagte en personeel by die myn oorval. Die veiligheidswagte en twee personeellede is vasgebind en aangerand.

Volgens Tawana kon die mans nie toegang tot die kluis kry nie waarna hulle by ʼn vertrek waar die diamante gesorteer word, ingebreek het. Die waarde van die gesteelde diamante is nog nie vasgestel nie.

Tawana het gesê een persoon is ingeneem vir ondervraging terwyl daar steeds na die ander verdagtes gesoek word. Die polisie ondersoek ʼn saak van roof. Tawana het ʼn beroep op die publiek gedoen om die polisie te kontak indien hulle enige inligting het oor die rooftog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

scalla ·

Inside information, eie mense betrokke, kan hul nie vertrou nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.