Dieremishandeling: Saak teen Thandi Modise weer uitgestel

Thandi Modise. Foto: Werner Beukes/SAPA

Verrigtinge in die saak van AfriForum se privaat vervolgingseenheid namens die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) teen Thandi Modise is Maandag tot 6 Mei uitgestel.

Bejani Chauke, pres. Cyril Ramaphosa se raadgewer, en kapt. Tebogo Mokolobate moes op 29 April 2019 in die Potchefstroomse landdroshof verskyn óf arrestasie in die gesig staar. Hulle is as getuies in die privaat vervolging van Modise, die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, gedagvaar.

Chauke het wel in die hof verskyn en ’n ongetekende geskrewe verklaring verskaf. Adv. Gerrie Nel, hoof van die privaat vervolgingseenheid, het by ooreenkoms met Chauke se regsverteenwoordiger die uitgereikte lasbrief laat kanselleer en daar is ooreengekom om hierdie verklaring aan te vul voor 6 Mei 2019.

Mokolobate het egter geen verklaring verskaf nie en hom tydens verrigtinge op regsverteenwoordiging beroep.

Verrigtinge is tot 6 Mei 2019 uitgestel om Mokolobate in staat te stel om regsverteenwoordiging te bekom.

Chauke was tydens die pleging van die beweerde misdaad Modise se raadgewer. Mokolobate is ’n kaptein in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en was ten tyde van die pleging van die beweerde misdaad die hoof van Modise se sekuriteit.

Die NDBV het in Julie 2014 ’n klagte ontvang van een van die wreedste gevalle van dieremishandeling wat die welsynsorganisasie nóg teëgekom het.

Grace de Lange, bestuurder van die NDBV se plaasdierebeskermingseenheid, het gesê Modise se plaas was besaai met karkasse van meer as 50 varke en ander dooie diere soos ganse, eende, skape en bokke. Die oorlewende diere, insluitend varke, skape, hoenders en bokke, is sonder kos en water gelaat en was in ’n desperate toestand. Die NDBV moes 162 diere weens die nypende omstandighede van kant maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Elmien ·

Afr woordeskat ontbreek, om my ontsteltenis en woede te beskryf,teenoor die wreedaard!!!!!!

Cassie Carstens ·

Ek kry net ‘n idee hierdie saak gaan ‘n stadige dood sterf. Tensy Afriforum en Gerrie Nel aanhou en aanhou. Die hooggeplaasde mense in die ANC voel absoluut niks vir arm mense en diere wat nie vir hulleself kan opkom en praat nie. Modise moet net onthou: God slaap nie. Dis tragies!!

Gert van Wierdapark ·

CR moet maar mooi trap anders kan sy duur buffels en ander diere met Chauke in die omtrek as raad-gewer, voorheen skynbaar ‘n meedoener as nie-gewer van voedsel aan skandalige Modise as gewetenlose diere mishandelaar, dalk ook maer (swaar) trek. Sal nie verbaas wees as diere destyds “gerantsoeneer” is om geld te spaar nie! Dit sal interessant wees om te kan probeer bepaal wat haar gevoel/houding teenoor stemvee is?!!

CW ·

Haar houding is eenvoudig, anc gee mos alpay aan elkeen wat te lui is om te werk

Brutus ·

Hulle kan maar die kader se plaas onteien, sy kan beslis nie boer en na diere omsien nie.

Karlahari ·

Stem 100% saam. Meneer Lekota sit die een op jou lys……saam Anci Makashoeli syne….

Trol ·

Haar plaas sal saar mooi uirsien met plakkerahutte plekavan varkw en pluimvee. Ons hoop maar diekindertoelaag sal henoeg groente in pnp en u save kan koop aa siw hutjiea nie produksie lewer noe.

Koos wk ·

Nou vir wat het sy n PLAAS as sy nie daarop boer nie……gee hom vir land grypers! Want sy kan nie eers na daai bietjie vee kyk nie!

Henry ·

Waar is die DBV in die saak. Hulle was so gou om Purr Paws for life aan te vat wat diere in neem wat op straat was of mishadel was. Hoekom moet Afriforum ‘n saak oop maak teen Thandi Modise. Hoekom reageer die DBV nie op die saak nie. Is daar ‘n rede hoekom die DBV nie die saak dryf soos hy die Purr Paw vir life saak gedryf. Sal graag by die DBV wil hoor hoekom hulle nie ‘n erns van die saak maak nie. Miskien kan Maroela Media vir ons antwoorde kry by die DBV. Die vraag lê by baie lesers

Kobus ·

Geen kommentaar. Net hartseer dat diegene ons verteenwoordig, danksy denokrasie.

johan ·

Verantwoordelikheid en sorgsaamheid is n skaars karakter eienskap

Dries du Toit ·

Nee Johan . Dit is eienskappe wat in die meeste mense met harte voorkom. Jy moet n afskuwelike hartelose mens wees met geen integriteit om sulke dinge aan diere te kan doen. Maar hierdie vrou kom uit die era van” necklacing” Net so n wrede daad.

Speedguard ·

In die land van die blindes(met alle respek) is die een oog ALTYD koning (anc) !!

Trojaanse Donkie ·

Net so sal al die grondeise in die howe gesloer word tot in ewigheid.
Onthou beleggers nog wat van die PSG Gauranteed Growth saak geword het, dit het in 2000 begin, en tot vandag toe niks!

Buite Stander ·

Iemand wat diere mishandel sal mense ook mishandel.

Emma ·

Vat haar plaas hul kan in elk geval net op n stoel in die son sit en skuif skuif so. Almal dink as hul n plaas het sal dit hul probleme oplos maar ek het vir hulle n verrassing werk moet jy werk niks val in jou skoot nie

Attie. ·

Net soos al die politici, wat vry rondloop na miljarde rande se diefstal en net soos Zuma nog vry is na wat hy gedoen het, netso sal sy vry rondloop en meehelp dat die land se skandes net al groter word. Kan iemand vir my verduidelik hoekom is daar nie R50 in ‘n Britse pond nie want ek verstaan nie waarom ons geldeenheid nog waarde het nie

Gaps ·

Dit verbaas my ook dat rand nog waarde het. Ek werk in Nigeria en hulle is 360 vir een usd. Dangote wou ruk terug ppc koop in SA en het daarteen besluit en veral oor die arbeids wette en alewige strikes. Hy verstaan sy afrika broers beter as die bleek velle van Europa om geld in SA te inpomp. Dink regtig jy moet n koolkop wees om nog te wil invest in SA.

Trol ·

Haar plaas sal daar mooi uiysien met plakkershutte pleks van varke en pluimvee. Ons hoop maar die kindertoelaag sal genoeg groente in pnp en u save kan koop as die hutjies nie produksie lewer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.