Diesel dalk binnekort weer duurder

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Die Automobiel-Assosiasie (AA) voorspel dat motoriste moontlik ʼn gemengde reaksie op die brandstofpryse in Oktober kan hê.

Dít is omdat die petrolprys na verwagting nog verder kan daal, terwyl die prys van diesel kan styg.

Volgens die huidige ongeouditeerde data van die Sentrale Energiefonds (SEF), sal die prys van petrol met tussen R1,14 en R1,24 daal en die prys van diesel met tot 50c styg.

“Die middelmaandvooruitsigte vir petrol is baie positief,” sê die AA.

“Die moontlikheid van prysstygings in diesel is egter kommerwekkend, aangesien dit die brandstof is wat hoofsaaklik in die mynbou-, vervaardiging- en landbousektor gebruik word. ʼn Verdere verhoging hier kan lei tot verhoogde voedselpryse in die toekoms.”

Hoewel van die vooruitsigte beroerd lyk, voer die AA aan dat die huidige data slegs ʼn skatting is en dat “die prentjie kan verander voor die amptelike brandstofprysaanpassings vir Oktober gemaak word”.

Luidens SEF se jongste data speel gemiddelde laer internasionale oliepryse ʼn beduidende rol in die verwagte dalings in die petrolprys, maar minder so in die geval van diesel.

“Ongelukkig word hierdie laer oliepryse geneutraliseer deur ʼn swakker rand sedert begin September. Aan die einde van Augustus het die rand teen R16,95 teenoor die Amerikaanse dollar verhandel, maar verhandel nou tussen ongeveer R17,45 tot R17,50 teenoor die dollar. Dit neem ʼn bietjie van die positiewe impak van laer oliepryse weg.”

Gebruikers het vandeesmaand ʼn sug van verligting geslaak toe die prys van 95‑oktaan‑ en 93‑oktaan-petrol met meer as R2 gedaal het. Die groothandelprys van diesel en paraffien het ook gedaal nadat talle Suid-Afrikaners die afgelope paar maande gebuk gegaan het onder hoë brandstofpryse.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

marius ·

Hierdie graad R boelie mentaliteit werk lankal nie meer nie . Gaan deel T hemde en suigstokkies uit vir jul stemvee . Die hool is by riool status verby .

Danie ·

Dit nie nuus nie die boere en industrie moet swaar trek dit ook n rede waarom daar probleme by eskom is.Parkeer daai diesel voeruig en ry met die petrol een.

Waarnemer ·

Danie ons almal is dalk nid so vooruitstrewend om n diesel – en n petrol voertuig te kan bekostig nie en ek weet nie juis van enige ekstra swaar motorvoertuig wat op petrol loop nie.

Pampoen ·

Nou hoekom het diesel nie die selfde tendens as petrol nie? Dit hang mos af van die prys van ru-olie en die wisslekoers? Is dit dalk omdat Eskom al die diesel brand?

Alex ·

Dit raak nou regtig belaglik. Geen mens kan meer besigheid doen en ‘n klient gelukkig hou met ewige stygende diesel pryse nie. Dit gaan maak dat ek iewers n besluit moet maak of ek gaan aanhou of deure moet toe maak en my werkers moet laat gaan.

Waarnemer ·

Hierdie kaders ry nie diesel voertuie nie en kry so n groot salaris dat vordsel prys stygings nie n duik in hulle beursies maak nie daarom is dit nie n probleem vir hulle om die prys van diesel te laat styg nie.

Jaco ·

As SA dan so min of meer aan Rusland se “kant” is, dan kan ons mos goedkoop olie en petrol van Rusland af invoer. Waarom word dit nie gedoen nie?

Laksman ·

Ek is nou wel nie die skerpste potlood in die pakkie nie, maar die som kry ek net nie laat dit klop nie???

Carel ·

Dit is voor die hand liggend wat HIER aangaan.

EKS-DOM se hemelhoë diesel rekening, word nou gekruis subsidieer deur die motoris & die Padvrag Bedryf

Soos Kasper de Vries geskerts het: “ Maak my siek fabriek”!!

Lourens ·

Kan MM nie dalk in ‘n artikel ‘n ontleding en verduideliking gee van waarom die petrol- en dieselpryse nie dieselfde rigting gaan nie? Hulle kom tog uit dieselfde olie, wat teen dieselfde $-prys aangekoop word en in dieselfde ZAR betaal word?

Fanie ·

dit is n fantastiese voorstel, ek sal ook bitter graag wil weet hoekom Petrol afgaan en Diesel op?????????

Martin ·

Elke jaar hierdi tyd gaan di diesel pryse op dit is planttyd hul moet di pryse op kry dit is hoe hul werk

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.