Dronkbestuur: Arno Carstens is onskuldig

Arno Carstens (L) en sy regsverteenwoordiger Milton de la Harpe tydens 'n vorige verskyning Foto: SAPA

Arno Carstens (L) en sy regsverteenwoordiger Milton de la Harpe tydens ‘n vorige verskyning Foto: SAPA

Arno Carstens, musikant en voormalige hoofsanger van die Springbok Nude Girls, is Dinsdag in die Kaapstadse streekshof onskuldig bevind op aanklag van dronkbestuur.

Landdros Nasha Banwari het hom ook op ʼn alternatiewe aanklag van bestuur met ʼn bloedalkoholvlak van 0.21% onskuldig bevind. Die wettige maksimum is 0.05%.

Carstens was duidelik verlig oor die uitslag van die saak wat nou al sedert 2010 sloer. Hy het sy prokureur, Milton de la Harpe, buite die hof omhels en geskerts: “Dit is taxi’s van nou af!”

Banwari sê die staatsaanklaer Andi Hess het versuim om bo redelike twyfel te bewys dat Carstens onder die invloed van alkohol was tot só mate dat hy nie met die nodige mate van sorg kon bestuur nie.

Carstens is een aand laat in Desember 2010 in Kaapstad se middestad in hegtenis geneem nadat twee polisiebeamptes in ʼn patrolliemotor glo opgemerk het dat sy Mercedes-Benz oor die pad geswenk het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Babs ·

4 Jaar geneem om dit uit te klaar. Ek sien elke dag hoe taxis oor die pad swenk of sommer aan die verkeerde kant van die pad jaag. Wonder hoeveel het hulle gedrink.

nicolette ·

Ja Babs elke woord wat jy se is waar en hier in Ellisras steek hulle sommer aan die verkeerde kant verby.So ja hoeveel het hulle gedrink.Party celebs se sake word eindeloos uitgerek en ander weer verdwyn sonder n teken.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.