E-tol aankondiging verwag

Die regering sal na verwagting vandag duidelikheid gee oor die e-tolstelsel op Gautengse hoofweë.

Die interministeriële komitee van die Gautengse hoofwegverbeteringsprojek het die kabinet Woensdag op hoogte gebring van die tolstelsel. Die kabinet het hierna die publisering van die terme en voorwaardes, insluitend die nuwe tariewe, goedgekeur. Daar sal ʼn periode van 30 dae wees vir openbare kommentaar waarna die regering sy finale standpunt hieroor na 14 dae sal publiseer. Die grondwethof het verlede maand die tussentydse interdik teen die implementering van die e-tolstelsel tersyde gestel. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het nou wetlik die reg om tolgeld op Gautengse hoofweë te hef. ’n Hersieningsverhoor van die tolstelsel word volgende maand in die Pretoria hooggeregshof gehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.