Eskom: 42 eenhede skop binne enkele week uit

(Argieffoto: Eskom/Twitter)

Jan Oberholzer, bedryfshoof van Eskom, het die kragnetwerk se prestasie die afgelope week as uiters teleurstellend bestempel. Eskom het in die eerste ses maande van die jaar boonop reeds R7,7 miljard spandeer in ʼn poging om die ligte aan te hou en het sowat R350 miljoen van sy begroting oor.

“Is ons trots daarop? Uiteraard nie. Het ons die geld daarvoor? Nee, ons het nie.

“Dit is ʼn bron van ernstige kommer. Ons gaan oorbestee. Ons is op ʼn moeilike plek,” het Oberholzer Maandag tydens ʼn mediakonferensie oor die stand van die kragnetwerk gesê.

Volgens hom het die kragvoorsiener reeds nie genoeg geld om alles te doen wat gedoen moet word nie en moet hy nou sy reserwekapasiteit gebruik om krag te voorsien. “Ons bevind ons in ʼn geweldige moeilike posisie.”

Altesame 42 opwekkingseenhede het die afgelope week uitgeskop. Dit het tot ʼn verlies van net minder as 24 000 MW se kapasiteit gelei. Tot dusver is 37 eenhede weer in diens gestel.

“Dit was ʼn rampspoedige week wat bedryfsteuring betref,” het Oberholzer Maandag tydens ʼn mediavergadering oor die stand van die netwerk gesê.

Fase 3-beurtkrag geld tans en sal tot Dinsdag om 05:00 voortduur, waarna daar na verwagting na fase 2 oorgeskakel gaan word. Dié fase sal, afhangend van enige ander noodgeval, tot Vrydag om minstens 22:00 geld.

In hierdie stadium is net minder as 11% van die ganse netwerk – sowat 5 319 MW – weens beplande instandhoudingswerk nie beskikbaar nie.

Maandag het die kragvoorsiener agt opwekkers weens meganiese probleme verloor, Dinsdag het nog vyf die gees gegee, Woensdag is net twee opwekkers weer aanlyn gebring en moes beurtkrag weens dalende dam- en dieselvlakke ingestel word. Donderdag was Eskom vier opwekkingseenhede weens probleme kwyt en is daar na fase 3 oorgeskakel om die gebruik van diesel en die steun op pompstasies te verminder.

Vrydag was daar probleme by Koeberg en moes nog drie groot opwekkingseenhede elders weens probleme uit diens gehaal word. Cahora Bassa het beplande instandhoudingswerk ondergaan wat tot die verlies van 650 MW gelei het.

Vrydagaand was besonder problematies en Oberholzer sê bykomende eenhede is verloor wat die gebruik van oopsiklus-gasturbines en diesel dwarsdeur die nag genoodsaak het. Saterdagoggend was dit duidelik dat ingrypende stappe gedoen sal moes word en fase 4-beurtkrag is ingestel.

Saterdag is sewe eenhede weens probleme en dringende instandhoudingswerk afgeskakel en Sondag was die netwerk nog 650 MW weens jaarlikse instandhoudingswerk kwyt.

In hierdie stadium het Cahora Bassa minstens tot volle kapasiteit teruggekeer.

Eenheid twee by Koeberg – wat 920 MW lewer – is sedert 3 September buite werking, maar eenheid een werk en is al meer as 100 dae weer veilig aanlyn.

Gebrekkige instandhouding

Oberholzer sê instandhoudingswerk is boonop nie besig om die gewenste resultate te lewer nie. Talle eenhede wat instandhoudingswerk ondergaan, gee kort daarna weer die gees en eenhede skop soms meer as een keer uit.

“Die standaard en gehalte van die werk is nie wat dit moet wees nie,” sê Oberholzer.

Volgens hom is daar ʼn gebrek aan vaardighede binne Eskom self, asook by sommige van sy vennote.

Oberholzer sê Eskom benodig werkers met die nodige kundigheid en werksondervinding om sy aanlegte betroubaar aan die gang te hou. Dit is ʼn probleem wat die kragvoorsiener pak.

Hy waarsku ook dat Suid-Afrikaners vir die volgende 12 maande waarskynlik nog nie enige voordele uit planne om die kragkrisis op te los, gaan sien nie. Tot bykomende kapasiteit beskikbaar en projekte voltooi is, moet Eskom op sy steenkoolkragsentrales staatmaak en dié gaan toenemend agteruit.

Rhulani Mathebula, Eskom se waarnemende groephoof van opwekking, sê weens Eskom se benarde finansiële situasie, kon hy vantevore ook nie altyd behoorlik beplan vir instandhoudingswerk nie. Indien instandhoudingswerk op té kort kennisgewing gedoen word, is die kans op sukses skraal. Eskom probeer om minstens 24 maande voor ʼn aanleg vir instandhouding afgeskakel moet word, beplanning daarvoor te doen. Dit duur tussen 12 en 18 maande om sommige onderdele te ontvang nadat dit bestel is.

Oberholzer sê Suid-Afrika het ʼn verouderde kragnetwerk en daar is nie in die 1990’s gehoor gegee aan oproepe om nuwe kapasiteit by die netwerk te voeg nie. “Ons is gedwing om virtuele kapasiteit te gebruik; kragaanlegte is die hele tyd in die rooi bedryf.”

Hoewel dit dus gelyk het of Suid-Afrika voldoende kapasiteit gehad het, was die manier waarop die kragsentrales gebruik is, onaanvaarbaar.

“Ons het ʼn ou stelsel – nie dat ʼn ou stelsel nie goed kan presteer nie – maar as jy ʼn ou stelsel misbruik, dan het jy ʼn stelsel wat onbetroubaar en onvoorspelbaar is.

“Die feit dat ons dit in die rooi bedryf het, kom nou terug om ons te byt. As jy die eenhede met respek behandel, is dit verstommend wat jy daaruit kan put. Indien jy dit misbruik, sal die eenheid dit vir jou sê.”

Oberholzer het Suid-Afrikaners weer vir die inwerkingstelling van beurtkrag om verskoning gevra en sê die kragvoorsiener is ten volle bewus van sy mandaat om volhoubare krag te verskaf. Hy sê ook dit is “geweldig ongemaklik” om mediavergaderings soos hierdie te hou waar Eskom moet verduidelik waarom hy beurtkrag instel.

Hy sê Eskom het wel een van die beste bedryfstelselspanne ter wêreld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Antie Sarie ·

Ek kan my plante laat beter groei met wat hulle praat

Porseleintjie ·

Is daar enige mens binne die grense van SA wat hierdie Eskom beurtkrag gemors ‘n einde aan kan maak?

Antie Sarie ·

Nie eers engeland of amerika kan nie. Want hul dreig ook met loadshedding.

Manie ·

Eskom moet doodeenvoudig ophou om krag aan die buurstate te verkoop, dan behoort daar voldoende krag vir eie gebruik te wees.

domheks ·

Laat net al die “DOOIE HOUT” gaan. Daar is personeel wat net rondsit, en ‘n lekker groot salaris trek.
Begin van ‘n kant af skoonmaak. Fire die wat saboteer.

vuurvliegie ·

Jan Oberholzer noem duidelik dat die std en gehalte werk nie is wat dit moet wees nie. Nou vra ek wat het Jan gedoen om die gehalte werk te verbeter? Hoeveel mense het jy afgedank en hoeveel is gedissiplineer Mnr Oberholzer? As iemand nie sy werk 100% doen nie kom die neer op sabotasie. Eskom bestuur moet eienaarskap vat vir julle probleme wat julle duidelik nie kan uitsorteer nie. Miskien moet Jan en De Ruyter maar hulle self “FIRE” as hulle nie die probleem kan of wil oplos nie.

Carel ·

Fire die laaste “brains” ?!?! Hoe dan nou; suurvliegie? Sonder daai 2 mans sou ons al lankal op Stage 24/7 gewees het

vuurvliegie ·

Karel, jy verwar brains met sinus probleme. Met hulle is jy binnekort op lantermyn beurtkrag. Sien die nuutste Eskom opsie

Dienie ·

vuurvliegie, miskien moet hulle van diegene wat die afgelope 30jr oor kleur aangestel was “fire” sodat hulle mense in plek kan kry wat die werk verstaan, opdragte kan uitvoer en nie staak met elke geleentheid wat hulle kry nie. DAN behoort hierdie land baaaie beter te raak. Daai arme Jan en De Ruyter sit met BEE gemors wat so erg opgehoop het oor jare dat dit nie met dieselfde werkers binne maande herstel kan word nie.

marius ·

Ongemaklik om vergaderings te hou om verskoning op verskoning uit te dink ? Maak dan die plek toe as julle nie kan nie .

VaalDonkie ·

Nou die dag nog, toe is dit 14000MW wat van lyn af is. Nou was dit 24000MW. Dis MEER AS DIE HELFTE VAN DIE TOTALE NETWERK.

Republikein in die Wes Kaap ·

En die vraag is gemiddeld 31 000 MW. Teoreties is daar is dus net 7000 MW beskikbaar.

Johan ·

Beste bedryfstelselspanne ter wêreld? Ken Oberholzer nog sulke grappe want hy klink na ‘n grapjas

Carel ·

Dit is die nadeel van ‘n “demokrasie” – veral in Afrika
Die massas wil onredelike voordele hê, want hulle het daarvoor GESTEM
Die regerende “Ineptocracy” wil nie STEMME verloor nie & implimeer dan Ekonomies Waansinnige Ideologiee (Kader Ontplooing)
Kundiges mag nie werk kry nie, want dit word geserveer vir diegene wat vir die “Ineptocracy” stem.
Hemele behoed ons!

Antie Sarie ·

Demokrasie is wanneer 4 wolwe en n skaap lootjies trek om te besluit wat is vir aandete

Karel Kobus Kruger ·

Daar is n youtube video oor presies dit.
Why Plato hated democracy.

Jr ·

Die boere sal weer die blaam kry, wat al weer boude in die eenhede laat val het.

Elma ·

en ESKOM is die ENIGSTE ouens wat die skuld kan dra vir die mense met kundigheid en die nodige vaardighede wat JULLE en julle kaders daar uitgewerk het!
Vir wie probeer jy nou eintlik blameer?
Die verbruiker?
Die wat desnoods bedank het onder julle bestuur?
Nee champ, steek die hand in eie boesem.

Keelvol ·

Al wat ek lees is verskonings, geen oplossings word ook gebied nie.

Kenny ·

Die slim Kaders sal nooit erken hulle is onbevoeg nie want die pay vir niks doen is lekker groot
Toe ek destyds vir Eskom gewerk het het ek n vakleerling gekry om oplei en wat sal hy vir my sê ” I don’t get your pay why must I do your work” meer sal ek nie sê nie maar dit was die laaste sien van hom naby my

Piet ·

Ons moet ons eie krag opwek en wat ekstra opgewk word moet ons verkoop sonder enigge inmenging van die staat. Eskom gaan nooit inhaal en by bly terwyl dit in die vuil hande van die staat is nie want dis hoe hulle die nasie probeer beheer met hul mag! Genoeg is genoeg, die ekonomie is so te se “rock bottom” en die werkloosheid en armoede (so ook misdaad) styg daagliks teen die spoed van lig!

Republikein in die Wes Kaap ·

Nou sit die land in fase 12 en kry die stelsel op dreef.

Karel Kobus Kruger ·

Ons is beurtkrag fiks. Laat waai maar met daai vlak 8.

vuurvliegie ·

De Ruyter en Jan Oberholzer aanhangers moet maar hulle loadshedding geniet en ophou kla

MakersMark ·

Eskom se bestuur het duidelik nie ‘n idee oor die operasionele status van hul opwekkings bates nie. Ook nie gehoor van voorkomende onderhoud of verkrygings bestuur nie. Ellendig.

Bart-Man ·

Die verskonings raak al hoe snaakser, wie glo die bog. Binnekort is dit die reën se skuld, en dan son en dan van Riebeeck se skuld.

Jacobus ·

Jan en Andre ek weet julle probeer julle bes. Dan moet julle werk met BBBEEEE maatskappye en KADER AANSTELLINGS en dan nog sabotasie van binne aangedryf deur politisie om die plek aan die gang te hou. Ek weet julle is daar geplaas deur die onbevoegde ANC regering om die skuld en onbevoegde bestuur van die afgelope 20+ jaar op die wit man se kop te plaas. Jan van Riebeeck het mos al die skuld gekry. Sonder jou en Andre de Ruyter se harde werk en sonder die nodige ondersteuning van die politisie doen julle uistekende werk om n sinkinde skip te probeer red. Dankie daarvoor van n oud Escomiet.
MM plaas asb hierdie.

Deidré ·

Maar ons moet meer betaal en hulle voorsien net minder. Ag nee wat kom ons voorsien mos maar eerder aan die buiteland vir minder as aan ons eie mense en dan moet ons asb tog nog mense aanstel met belaglike salarisse wat nie eers weet vir wat hulle aangestel is nie. Dis belaglik regtig.

SjN ·

Verwyder alle onwettige verbindings om mee te begin, vinnige oplossing om die tekort aan te vul, stop alle krag aan buurlande wat nie betaal nie, daar word daagliks nuwe extensions bygevoeg maar geen nuwe opwekking word geskep nie, jul boer mos agteruit.

Johan ·

Jy KAN nie onwettige verbindings afsny nie. Jy behoort dit teen die tyd te weet SjN.

Jr ·

Die 100 experts van ou eskom sal NOOIT gebruik word om te help.” Wit mense nie welkom nie” staan op Megawatt park se hekke. En as die waarheid seermaak – MODEREER DIT MM

Di ·

NET SO! Hulle sal eerder die land in die grond instuur maar sal NIE blankes se hulp aanvaar want dit sal ‘n KLAP in die gesig van die ANC wees as blankes wys hulle kan Eskom regruk

Di ·

My vraag is net WAT het geword van al die planne wat Rampie konsuis in plek sou sit om Eskom uit die gemors uit te kry en load shedding hok te slaan????????? Was weer lee beloftes soos altyd, nou is dit grafstil in die nuus daaroor.

Truman Burbank ·

Rampie het net gese wat die mense graag wil hoor. Die beurt stories is beplan. En die motiewe duister.

Andre ·

Skep ‘n probleem, maak dit erg en gee ‘ n oplossing. Ja, dit gaan mos duur wees!

Peter ·

En wie suffer oberholzer,??? Nie jy en jou pél nie, maar ons die ‘hommelbye’ wat seker maak dat julle ten minste ons swaarverdiende geld kan misbruik. ????????????????

annie ·

Dié tipe van tegnologie… Hetsy enige tegnologie wat dink en doen vra, moet ten alle koste uit SA se omgewing verbied word. Die adel was nog nooit voorheen vermoei met sulke stupid detail nie en nou is daar die vermeteles wat hierdie tipe van nonsens probeer opwentel na diegene wat beter dinge het om te doen. De Ruyter moet eerder nog mense by die power(e) 42 000 voeg om die ooreistes te kom uithelp. Is daar nie dalk ‘n paar uit Zim, Egipte of dalk die Duba-omtrekke wat kans sien om ons uit die donker gat van despair te kom red nie? Please!

mattk ·

Viva BEE, viva. Die kaders het mos die wittes uitforseer en net agtergeblewendes aangedtel, en nou bly Eskom ook agter.

Gerhardus ·

Oberholzer sê: “Eskom het wel een van die beste bedryfstelselspanne ter wêreld.” Hel! As dít een van die beste in die wêreld is, dan wil ek nie die swakste in die wêreld sien nie. Hy besef seker nie dat daar ‘n wêreld buite Eskom is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.