Gaza: Bemiddeling oor gyselaars se vrylating vorder

Rook trek uit Gaza. (Foto: Yuri CORTEZ / AFP)

Dit is ses weke sedert die Palestynse militante groep Hamas se verrassingsaanval op Israel en die konflik tussen die twee kampe woed voort.

Troepe van die Israeliese weermag was teen Maandag besig om hul operasie in die beleërde Gaza-strook te versterk nadat die weermag Sondag gewaarsku het dat hy “sy operasionele aktiwiteite in bykomende woonbuurte … van die Gaza-strook gaan uitbrei”.

Inwoners van Gaza se grootste vlugtelingkamp, Jabalia, is gewaarsku om na veilige plekke te gaan.

ʼn Joernalis van AFP in Gaza het Sondag gesien hoe rook uit Jabalia trek.

Volgens ʼn gesondheidsamptenaar van Hamas is meer as 80 mense Saterdag tydens twee aanvalle op Jabalia dood. Een van die aanvalle is na bewering op ʼn skool van die Verenigde Nasies (VN) uitgevoer waar dakloses skuil.

Volker Turk, die VN se menseregtehoof, het Sondag die beweerde aanval op die skool as “afgryslik” bestempel.

Daar kan in video’s op sosiale media, wat deur AFP geverifieer is, gesien word hoe liggame op die vloer van ʼn gebou, waar matrasse onder skooltafels gegooi is, lê.

Israel se weermag gee toe dat Jabalia tans een van sy fokusgebiede is.

Die Israeliese weermag het egter geen melding gemaak van die twee beweerde aanvalle nie, maar wel gesê “ʼn voorval in die Jabalia-streek” word ondersoek.

Die Palestynse nuusagentskap Wafa het Maandag berig die Indonesiese hospitaal naby Jabalia het ook deurgeloop onder bombardering.

Die Chinese minister van buitelandse sake, Wang Yi, het Maandag gevra vir dringende optrede om die “humanitêre ramp” wat in Gaza ontvou, stop te sit.

“Die situasie in Gaza raak alle lande wêreldwyd, en bevraagteken die menslike sin van reg en verkeerd en die kern van die mensdom,” het Wang aan besoekende diplomate van Arabiese en Moslem-meerderheidslande gesê.

‘Bewyse’ gyselaars is by hospitaal aangehou

Israel het Sondag aangebied wat hy sê bewyse is dat Hamas Gaza se grootste hospitaal, Al Shifa, gebruik het om buitelandse gyselaars weg te steek.

Die Israeliese weermag het kringtelevisiebeeldmateriaal van 7 Oktober vrygestel waarin daar gesien kon word hoe twee mansgyselaars van Nepal en Thailand by die hospitaal ingebring word.

“Ons het nog nie hierdie gyselaars opgespoor nie,” het Daniel Hagari, woordvoerder van die Israeliese weermag, aan verslaggewers gesê.

Daar kan op die beeldmateriaal gesien word hoe ʼn man in ʼn kortbroek en ʼn ligblou hemp deur vyf mans, van wie minstens drie gewapen was, by ʼn ingangsportaal ingesleep word.

In ʼn tweede video kan daar gesien word hoe ʼn beseerde man in onderklere op ʼn hospitaalbed met wiele deur gewapende mans by die hospitaal ingestoot word.

AFP kon nie dadelik die beeldmateriaal verifieer nie.

Katarrese bemiddelaars sê intussen hulle beweeg al hoe nader aan ʼn ooreenkoms om sommige van die 240 gyselaars te bevry wat sedert 7 Oktober deur Hamas-militante aangehou word.

Katar se premier het gesê pogings om gyselaars “veilig terug na hul huise te bring” in ruil vir ʼn tydelike wapenstilstand is nou binne bereik.

“Ek is nou vol vertroue dat ons naby genoeg is om ʼn ooreenkoms te bereik,” het Mohammed bin Abdulrahman Al Thani gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Schalk ·

Van n skiet stilstant gaan nul kom, ek wonder waar kry hierdie mense hulle inligting vandaan? Israel het duidelik gesê daar sal nie n skiet stilstand wees nie, en as daar enige waarheid daarin steek, kan Israel maar net sowel die witvlag swaai, dit sal die grootste fout ooit wees. Die palestyne het die hekke van die hel op hulself oopgemaak, 75% van die bevolking steun hamas, oorlog is, was en sal nooit n koek en tee saamtrek wees nie, hulle het goed geweet wat hulle doen, en het hierdie uitlsag gesien kom en verwelkom. Nou kry hulle al die simpatie, die VN kan so ver vertrou word as wat ek my kar kan optel en gooi, hulle het geen doel meer nie.

Karoo ·

Dis nie ons oorlog en stryd nie… laat ons nie klippe gooi nie… die media en politisie is nie altyd eerlik nie. Mag daar vrede kom vir byde partye.

Schalk ·

Dit is die wereld se probleem. Om op die kantlyn te staan en sê ons moet nie klippe gooi nie is verkeerd. Die palestyne stel nie belang in vrede nie, hulle wil Israel uitwis. En wie en wat is dan volgende? Kom op datum met wat hierdie terroriste se einddoel is. Israel moet onder geen omstandighede toelaat dat enige arabiere betrokke raak in sogenaamde vrede nie, hamas soek n skiet stilstand net om weer op sterkte te kom.

Grassie ·

Israel sal nie ophou oorlog maak voor al die Hamasterroriste uitgeroei is nie. Na die tweede wêreldoorlog het die Jode vir meer as 60 jaar lank die gewese Duitse soldate wat by die uitwissingskampe waar Jode vermoor is gewerk het, wêreldwyd gejag totdat die laaste een opgespoor is. Hulle beskou die Hamas-aanval ook as uitwissingsoptrede en hulle sal gejag word tot aan die einde van dae.

Schalk ·

Korrek. Indien mense nog wonder wat die Joodse volk besonders maak, is dit nou tyd om op te let.

Marthinus W ·

10 000 van daardie SS soldate is Amerika toe, onder “Operation Paperclip”; deur die CIA gewerf. Een van hulle is vandag in Kanada, waar daar onlangs hande geklap is vir hom – deur Trudeau en Zelenski [n Jood]. Die ander is in Estalnd, Letland, waar hulle elke jaar n fees hou vir hulle. [Dis hoekom Pole so erg omgekrap is. Kyk die dokkie “Renaissance” daaroor op die net] Die Palestyne is geregtig op hulle grond; Israel pleeg “overkill”, en om hulle te ondersteun maak ons skuldig aan die dood van die Palestyne.

Johann ·

Die wêrel dis op sy kop en verwag dat daar “vrede” gemaak moet word met ‘n selferkende terroriste organisasie? Kyk hoe het dit vir ons in SA uitgewerk.

Marthinus W ·

In vroeg 2000 was daar n werksessie in n hotel buite Hermanus. Van die deelnemers was onder andere genl George Meiring en Frederik van Zyl Slabbert. Die tema, wat deur jong Israeliese en Palestynse intellektuele, studente en joernaliste bygewoon is, was om te kyk of hulle iets by ons kon leer met ons politieke oorgang, wat hulle sou kon help om vrede by hulle te skep. Hulle kon bittermin by ons kry wat hulle sou baat. Heribert Adam en sy vrou, Kogila Moodley het n boek hieroor geskryf, “Seeking Mandela”.

Onthou: een man se terroris is n ander man se vryheidsvegter. In Oekraine is die Oekrainers in die Donbas, en enige Oekrainer wat Russies praat, as terroris geklassifiseer, in 2014, en van toe tot met die Russe se aksie in 2022, het Kief meer as 14 000 van hierdie sogenaamde “terroriste” doodgemaak. Dis een van die redes waarom Poetin ingetree het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.